advertisement
Question
Posted by: Anita | 2004/12/10

Te min eet.

Hoe gaan ek dit reg kry om reg te eet. Ek sal bv in die oggend eers teen 10/11 uur kant eet. Dan is dit 2 snye toast met bovril of dalk 'n toebroodtjie met kaas wat gesmelt is. Deur die dag drink ek so 4glase water. En dan aandete wat groente, vleis hoender of so iets bevat. En natuurlik my gunsteling tamatieslaai. Deur die res van die dag voel ek nie honger nie. Maar sal soms 'n vrug eet. Wat kan ek doen om my eet gewoontes beter te maak?
Baie Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anita
Dit is gewoonlik 'n goeie idee om 3 maaltye per dag te eet en om veral 'n goeie ontbyt te nuttig. Probeer om gesonde kos te eet, soos bv 'n glasie vrugtesap of 'n vrug vir ontbyt, hawermout pap met melk of jogurt en 'n sny volkoring brood met Bovril, of kaas, of 'n eier vir ontbyt. Eet jogurt of maaskaas vir middagete met vrugte en 'n slaai en dan groente, vleis of vis en 'n stysel soos bruin rys of pasta met jou slaai vir aandete. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Diet Basics' en lees die artikels oor 'A healthy balance' om idees te kry van 'n gesonde, gebalanseerde dieet. Neem 'n vitamien B supplement om jou aptyt te prikkel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement