advertisement
Question
Posted by: Rina Kruger | 2011/09/18

SWELLING / KNOP in nek/bors

Goeie More,
Ek het al geruime tyd ''n verdukking (weet nie of dit net klier is of vergroeisel) in my nek/keel bokant van bors.
Mens se borsbeen maak ''n U by die keel waar die slukderm en longe onder die borsbeen ingaan. Aan my linkerkant van die U het ek ''n verdikking en dit begin pynlik en ongemaklik raak. Die volgende simptome word al hoe meer en duideliker:
1. Ernstige gewigstoename en ek kry dit glad nie beheer nie . Weeg seker nou al 160 kg
2. Eet al hoe minder (tel gewig op)
3. Moeg
4. Depressief
5. Rusteloos
6. Besluitloos
7. Konsentrasie
8. Raak sommer sittende aan die slaap
9. Slaap morsdood as ek net aan die slaap raak
10. Slaaploosheid vanaf 12.30 in die nag
(Ek kan as ''n werksesel beskryf word dus pas nrs 3-8 glad nie by my normale karakter nie)
11. Hoe bloedruk
12. Hoofpyne
13. Swak sig
14. Baie bros en dun naels
15. Sukkel om te sluk. Kan glad nie groot stukke kos hap of sluk nie veral vleis, het al paar keer in situasie beland wat self broodkorsie in my keel vasgesit het. En moet baie konsentreer as ek vleis veral steak eet, dit baie baie fyn sny anders hak dit vas in my keel en moes al by 3-4 geleenthede hulp kry wat ek nie kon asem kry agv die feit dat vleis vasgehak het in my keel.
16. Hare is in swak toetstand
17. Swak spysvertering
18. Hardlywigheid
19. Swak bloedsomloop
20. Gewrigs en spier pyne en styfheid
21. Onderkant van bene veral word baie droog en dan ook droe hakke met vel wat gereeld afgeskilfer moet word
22. Waterretensie

Ek is ongelukkig aangewese op die staatskliniek. Ek het aan die dr gese ek wonder of my skildklier nie probleme begin gee want ek voel nie lekker en dit pyn in my nek. Voordat ek vir haar enige verdere simptome kon gee het sy gese dat die pyn waar ek wys te laag is vir die skildklier en dat ek te vet is as ek gewig verloor sal ek beter voel.

Ek drink bloeddrukpille - 1x Adalat in die aand en 1x Prexium in die oggend

Die gevoel wat ek het is asof ek keelseer het maar as ek sluk is my keel nie seer. Dit brandpyn aan my linkerkant. Dit voel ook of my long aan die regter bo kant seer is maar as ek hoes is my long nie seer of branderig nie.

Ek word met tye naarerig en ek moet ook vir die eerste keer in my lewer Gavascon gebruik veral in die nag as ek le. Dit laat tog die branderige gevoel bietjie beter maak.

Ek isn 55. Nie sieklik. My mangels is uitgehaal toe ek 7 jaar oud was my blindederm toe ek 8 en my histerektomie toe ek 29 was. Ek het 4 kinders. Almal gesond en normaal.

Hoop u kan bietjie lig op die onderwerp gee asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rina

Jy sal ongelukkig 'n privaat dokter moet konsulteer. Met jou simptome, is ek baie seker dat jou skildklier nie reg werk nie. 'n Enkele bloedtoets, wat nie baie duur is nie, kan help met die diagnose en die medikasie (Eltroxin) is self baie goedkoop. Indien jou skildklier wel die oorsaak is en dit reg behandel word, sal dit 'n groot verskil aan jou lewe maak.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/11/07

Goeie more Dr, 'n Vriendin het onlangs vir my gese dat daar 'n verdikking in my kuiltjie is as ek praat. Ek gebruik tans Eltroxin vir my skildklier. Is daar spesifieke toetse wat ek moet aanvra as ek 'n dokter gaan sien? Ek ondervind geen snaakse simptome nie, behalwe dat daar gedurige slym in my keel is. Dankie vir u antwoord. Geniet die dag.

Reply to Anonymous
Posted by: Missy | 2015/09/23

Halo my boyfriend het n keel wat toetrek n maak dat hy swaar asemhaal is daar enige raad?

Reply to Missy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement