advertisement
Question
Posted by: OCEAN | 2005/11/29

SWELLING - IETS BY GESIT WAT EK ONTHOU HET.


GOEIEDAG

EK HET DIE AFGELOPE 2 MAANDE DIE VOLGENDE PROBLEME:
RAAK GOU MOEG. VOEL OF IEMAND DIE HEELTYD OP MY BORS STAAN. MY LYF SWEL (KAN EENDAG MY RINGE EN HORLOSIE DRA EN DIE ANDER DAG NIE) OP EN EK TEL VINNIG GEWIG OP EN DAAR HET NIKS VERANDER IN MY LEWENSSTYL OF EET GEWOONTES NIE. AS EK EET MOET EK OF TOILET TOE GAAN WANT MY MAAG WIL WERK OF EK VOEL NAAR WANT DIT VOEL OF DIE KOS IN MY KEEL VAS SIT.
IN ONS FAMILIE IS 'N GESKIEDENIS VAN HART PROBLEME. MY MA HET "CONGESTIVE HEART FAILURE" EN MY OUPA IS OORLEDE AAN 'N HARTAANVAL IN 1981. KAN DIE BG SIMPTOME IETS TE DOEN HE MET MY HART? EK IS NOGAL BAIE BEKOMMERD. EK WAS DR TOE EN HY HET MY GESTUUR VIR BLOEDTOETSE - SKILDKLIER, COLESTROL & GLUKOSE. EN HET VIR MY PILLE GEGEE VIR PANIEK VERSTEURING. VOLGENS DIE PILLE WAT EK GEKRY HET: CILIFT & FLUANXOL IS DIT VIR DEPRESSIE EN PANIEK VERSTEURING. EK HET NIE GEWEET EK HET DEPRESSIE NIE! HELP ASB. U OPINIE SAL WAARDEER WORD. DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Ocean,

Volgens die inligting wat jy verskaf het, klink dit nie soos hartprobleme nie, maar eerder ‘n hormoon wanbalans van een of ander aard. Dit sluit in depressie, wat ‘n teken kan wees van serotonin wanbalans. Die uistlag van jou bloedtoetse sal jou dokter help om die diagnose te bevestig, so jy sal daarvoor moet wag.

Maar ek verstaan jou bekommernis oor hartsiekte. Aangesien daar ‘n familiegeskiedenis van hartsiekte is, kan jy later ‘n kardioloog raadpleeg. Hy sal jou kan ondersoek, en sy spesiale toetse doen. As hy sê dat jy geen hartsiekte het nie, sal jy dan gerusgestel wees.

Intussen, begin met jou medikasie. Onthou dat die medikasie nie dadelik sal begin werk nie – dit kan soms tot ‘n week vat voordat jy begin beter voel, so moenie ophou as jy nie na twee dae springlewendig voel nie. Dit vat tyd.

Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement