advertisement
Question
Posted by: Ocean | 2005/11/28

Swelling

Hi Dok
Het toe my dr gaan sien, soos aanbeveel.
Hy het vir my CiLift vir die benoudheid in my bors voorgeskryf - hy se ek het paniekversteuring. Hy het ook iets anders voorgeskryf wat ek vanmiddag eers by die apteek kan gaan afhaal.
Wat my bekommer is dat CiLift baie verslawend kan wees en dit word ook vir depressielyers voorgeskryf. Ek het nog nie die pille begin gebruik nie, juis omdat ek die waarskuwings in die info biljet in die boksie gelees het. Wat is u opinie oor dit?
Wat is paniekversteuring?
Vir die swelling van my lyf, is ek eers gestuur vir bloedtoetse. Sal Dinsdag hoor of iets in my bloed op getel is. En dan daarvolgens medikasie kry.
U opinie sal waardeer word.
DAnkie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ocean, dit mag wees dat jy ‘n paniekversteuring het, maar dit verklaar nie die swelling nie. Die oorsaak van die swelling mag ook die rede vir die paniekaanvalle wees, dus klink dit ‘n bietjie asof jou dokter besig is om die kar voor die perde in te span. My opinie is dat mens eers al die ander probleme moet hanteer en as die panie aanvalle dan nog nie op hou nie, daaraan aandag moet gee.
Cilift® word gebruik vir depressie sowel as ander probleme (insluitende paniekversteurings – in my opinie is daan beter produkte as Cilift® vir paniek), en dit is definitief nie verslawend nie. Dit is baie veilig, maar mens wil nog steeds nie ‘n pil drink wat onnodig is nie.
Paniekversteuring is wanneer jy angs ervaar sonder dat daar ‘n rede is en dit is definitief nie die oorsaak van al jou probleme nie. Dit sal dalk nie ‘n slegte idee wees om ‘n tweede opinie by ‘n internis te kry nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement