advertisement
Question
Posted by: Nicky | 2002/12/07

Sweet

Ek is 'n 16 jarige meisie en sukkel met oormatige sweet. Ek kan wat gebruik maar my klere onder my arms is altyd nat en ek is baie skaam daaroor. Ek het al so baie soorte anti-perspirante gebruik maar niks help nie. Ek het al gehoor daar is pille wat 'n mens kan gebruik en wonder of dit gesond is. Hou dit water terug? Het u vir my raad asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nicky, as ons aanneem dat jy nie oorgewig is nie, nie met ‘n skildklier probleem sukkel nie, jy in goeie algemene gesond is, mag dit wees dat jy aan hiperhidrose ly. Dit is basies oormatige sweet as gevolg van ooraktiwiteit van die sweetklier en dit kom gewoonlik op die hande, gesig, oksels en voete voor. Jy moet eers probeer om die oorsaak te bepaal voordat jy probeer om dit te behandel. Behandeling van die onderliggende is baie makliker om te probeer behandel as die hiperhidrose self. As daar geen onderliggende oorsaak is nie, kan jy probeer om ‘n aluminium chloried bevattend antiperspirant (Drichlor®) te gebruik of om ‘n 20% aluminium chloride oplossing aan te wend aan jou oksels elke aand.
As dit nie werk nie kan jy Botox® inspuitings (paraliseer die sweet kliere) of ‘n operasie wat ‘n simpatektomie genoem word,probeer. Sterkte.
Ek is jammer ek het so lank geneem om te antwoord, maar ek was self siek (is nog steeds eintlik).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement