advertisement
Question
Posted by: Jemma | 2005/11/22

Suster se seun

Goeie Môre Almal,

My suster se seun is 16 en ek is baie lief vir hom. Van kleins af het ek 'n spesiale plekkie in my hart gehad vir hom. Hy's 'n bietjie "stadig" en is in 'n skool wat spesialiseer in kinders wat bietjie "stadig" is bv. daar is net 4 kinders in 'n klas, hulle skryf nie eksamen nie want die skool voel dit plaas te veel druk op die kinders ens.

My probleem met die kind (en sy ouers) is dat hy altyd vuil is. Sy hare is altyd vuil, hy ruik na sweet, sy klere is gekreukel. Dit is so erg dat ek nie meer kans sien om hom 'n drukkie te gee as ek hom sien nie.

My suster en haar man is baie ryk, ry die nuutste en beste karre, besit 'n restaurant so daar is beslis geld vir shampoe, 'n bediende om die klere te was en stryk.

Hoe sê mens vir hierdie kind om te bad? Ek het die saak Saterdag-aand met my suster probeer bespreek maar haar houding is net dat die kind oud genoeg is om te weet dat hy moet bad en hare was. Ek voel dis haar plig om hom te dwing om te bad terwyl hy in haar huis is maar sy sê sy het moed opgegee. Ek moet sê sy is baie lui wat sulke goed betref en ek is seker sy het nie alles gedoen wat sy kon om die probleem op te los nie.

Moet ek met hom praat? Moet ek vir hom op 'n mooi manier sê dat hy stink en dat hy maak dat mense nie langs hom wil sit aan tafel of op 'n bank nie?

Help asb. Ek is baie lief vir hierdie kind maar ek kan nie naby hom kom nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Doesn't one simply talk to them calmly and frankly and say that it puzzles you, and probably many other people who encounter the nice young boy, as to why his parents leave him appearing to be so neglected, unwashed and smelly--- maybe an appeal to their personal vanity might work, as they don't sound as if they're thinking of the boy's own best needs, in this respect. Maybe a sugegstion to the school might encourage them to mention it to the parents, too.
And Tango's suggestion is brilliant. isn't he, by 16, starting to get interested in girls and interested in impressing them ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: CP | 2005/11/22

Miskien is hy hardegat ? Wie weet ? Maar dis nie iets wat mens kan los nie...

Reply to CP
Posted by: Jemma | 2005/11/22

Thank you Tango but you see, the boy is a typical 16 year old and I don't feel comfortable to just walk to him and talk to him about this. I can give him all sorts of shampoos and soaps etc. but I don't think he will use it.

CP Mom, ek voel presies dieselfde as jy. Hy is klaar bietjie agter en dan lyk hy ook nog vuil. Ek dink hy lyk dommer as wat hy is omdat hy vuil is. Ons het hulle gister-aand gesien en hy het so na sweet gestink dat ek geloop het want ek het gedink ek gaan flou word. Kan sy ma en pa hom nie ruik nie? My suster is natuurlik uitgevat in die nuutste modes, sy bespuit haar so met parfuum ens. maar sy kan nie haar kind ruik nie? Ek dink ook dis haar plig en ek dink ek moet eerder met haar praat as met hom. Sy is sy ma en sy kan met hom praat.

Met Gemma gaan dit baie goed. Ons hou een van die dae Storkparty vir die baba.

Reply to Jemma
Posted by: Delene | 2005/11/22

I do think yes, you can.
Rather to tell him, than people talking behind his back.

I think you must just choose your words very carefully. But yet be firm to get the msg accross.
Rather to talk about pride & selfrespect, and boost his selfimage than the fact that he is dirty!!!

Honestly, if I smell bad, i would appreciate if sumone tell me rather than to keep quiet & talk behind my back.

Reply to Delene
Posted by: Tango | 2005/11/22

If you have a good relationship with the boy I think it will be ok to one day gently tell him that you love hugging him when he is fresh and clean. Perhaps now that its Xmas you could give him really nice toilettries and such as a pressie and tell him about them when he opens them up.

Reply to Tango
Posted by: CP Mom | 2005/11/22

Hierdie saak lê my baie na aan die hart.

Weet jy dat daar altyd in die ou dae 'n "VILLIAGE IDOT" was ? Soos die hunchback of Notre Dam ?

Weet jy wat??? Hulle was gewoonlik die mense in die society wat doodgemaak is by geboorte maar as ie ouers hulle laat leef het, is hulle verban en mag nie in die dorp gekom het nie en het in die veld gelewe of buite die dorp in 'n hut...

Net soos met Ne as ek haar net los sal sy net so loop sonder hare was en borsel ens. Hulle het nie die verstand nie, hoor. Dis NIE die kind se skuld nie - dink aan enige jong kindjie dis die ma se plig!

Dis baie moeilik liewe Jemma (hoe gaan die met Gemma?) maar ek dink jy moet miskien 'n mooi kaartjie of briefie vir haar gee wat se hy's baie lief vir haar maar jy kry so bietjie skaam omdat die kind altyd so lyk - probeer maar om dit nie te kras te stel nie- want sy sal sekerlik seergemaak voel. Maar dis nie reg op die kind nie...

Kyk ek verstaan nie hoe sy dit kan doen nie want ek gaan uit my pad uit om Ne skoon te hou en soms se MY porra vir my "los haar sy's net 'n kind"....
Sterkte

Reply to CP Mom

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement