advertisement
Question
Posted by: *** | 2003/03/13

Sukkel om swanger te word

Hello Dokter,

Ek en my man het dieselfde probleem as Klopper wat sukkel om kinders te hê. Ek het al vir `n “laparoscopy” gegaan en daar is niks fout nie. Ek ovuleer elke maand. Ek was al vir `n skraap. My man was vir `n spermtelling en sy telling is beter as die normale man s’n. Ek weet presies wat in `n siklus gebeur en wanneer ek vrugbaar is ensovoort. My ginekoloog het gesê om elke tweede aand omgang te hê om seker te wees dat die vrugbare tyd gedek word. Al alles probeer........maar tog sukkel ek en my man al vir amper `n jaar.

Het Dokter asseblief vir my enige rede wat die probleem mag wees?
Kan Dokter ook asseblief vir my sê wat sal die volgende toetse en opsies wees?

Baie,baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

***, dis baie moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek. Jy moet ook onthou dat dit die gemiddelde jong paartjie 13,5 – 15 maande neem om swanger te raak. As jy oor 40 is, sal dit ongeveer twee keer so lank neem.
Dit wil sê dat daar per definisie nog nie ‘n probleem is nie. Ek verstaan nie waarom julle nie elke aan gemeenskap het nie, maar hy het seker sy redes.
Dit klink asof al die toetse al reeds gedoen is en dat daar geen probleem is nie. Die volgende stap sal dus wees om ‘n bietjie ekstra hulp te kry soos in die geval van ‘n kunsmatige bevrugting – nie iets wat ek dou aanbeveel voordat julle nie vir ten minste twee jaar probeer het nie. In die tussentyd moet julle eerder seker maak dat julle die baba maak proses geniet en nie net op die eindproduk konsentreer nie. Sterkte.
NS. Ek het so tydjie gelede iets oor die onderwerp geskryf en as jy belang stel in ‘n kopie, kan jy my by CyberDoc@mweb.co.za e-pos.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Mom2B | 2003/03/14

Ons was deur als wat julle was. Die rede waarom julle elke 2de aand moet omgang he is omdat die sperms 48 uur neem omten volle te ontwikkel. Ek het ook n labaroskopie gehad en hulle het ook gaatjies in my eierstokke gemaak omdat my .........ag lang storie. My man is toe ook getoets en daar is bevind dat hy n lae spermtelling het en dat sy sperms ook onderontwikkel is en dat ons dus 0,9% kans het om op ons eie swanger te word en 20% kans het as ons n baie duur infertiliteids behandeling (the GIFT) sou probeer. Dot ook na n volle jaar se geoefen en doktors en als. Ons het later soveel stres a.g.v dit gehad dat ons amper in die skeihof gedraai het. Ons het toe besluit dat ons getrou het omdat ons lief was vir mekaar en dat dit buite ons beheer was om kinders te he. Ons het toe besluit om die kinderstorie te laat vaar en dat ons oor 3 jaar eers weer daaroor sou praat en besluit om aan te neem of om te gaan vir behandeling. Wel,2 jaar later het ek dokter toe gegaan met n kwaal van n naarheid wat net nie wou weggaan nie,net om uit te vind dat ons n baba seuntjie verwag! Ek is nou 33weke swanger. Ons het noudiedag uitgevind,deur n 3D sonar,dat ons seuntjie gebore gaan word sonder n linker armpie,maar vir ons is hy steeds ons perfekte engeltjie wat vir ons gestuur is.
Die hele les / raad uit my storie is,moenie stres nie,want stres maak dit als net erger, en as julle bedoel is om kinders te he , sal hulle kom wanneer hulle will en nie wanneer jullee wil he hulle moet nie. Als in die lewe gebeur op die regte tyd en met n doel.
Hoop ek was van hulp. Sterkte!

Reply to Mom2B
Posted by: *** | 2003/03/13

Dokter, ek het vergeet om te sê dat ek nog nooit op voorbehoedmiddels was nie.

Reply to ***

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement