advertisement
Question
Posted by: Adele | 2004/02/19

Sukkel om gewig te verloor

goeie dag,

Ek sukkel nou al die afgelope 2 jaar om gewig te verloor. My BMI is ongeveer 34 dus moet ek drasties gewig verloor. Ek het al al wat 'n dieet is probeer, maar dit werk nie. Ek het laas jaar by Weigh Less aangesluit waarna daar toe by my dokter uitgevind is dat ek Insulien Weerstandig is. Ek was toe dieetkundige toe wat my simptome van moegheid ens. opgelos het, maar ek het 'n verdere 7kg opgetel tydens die uitsort van my verteringskanaal ens. Ek kombineer nou my Weigh Less met Lae GI kosse sodat dit my bloedsuiker kan konstant hou. Ek het ook die afgelope maand begin om elke oggend Gym toe te piekel en ek doen nou 40min 4-5keer per week van cardio oefeninge terwyl ek konstant my hardklop monitor sodat ek in die aanbevole getalle bly. Die probleem is ek is oortuig daarvan dat ek alles reg doen, maar ek verloor nie 'n gram nie. Ek het wel al so 30cm verloor sedert ek begin oefen het, maar soos u kan dink voel ek dit nog nie eers op my klere nie, siende dat ek so oorgewig is (25jr; 1.56m; 83kg) Ek trou later die jaar en wil DRASTIES op my doelgewig wees. Ek weet dat ek wat oorgewig is besig is om my gesondheid te benadeel, maar niks werk nie. Die dokter het my ook al op 'n dieetpil gesit, maar dit het ook geen resultate gehad nie.

Baie dankie
Moedelose Adele

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adele
Ek wil aanbeveel dat jy 'n internis moet spreek, want jy het dalk medikasie nodig om die insulienweerstand te behandel. Die lae-GI dieet behoort regtig te werk veral as jy dit so mooi met oefening kombineer. Dus moet jy miskien daardie hulp met die kontrole van jou bloedsuiker kry. Vra ook die internis oor Xenical wat miskien kan help. Hou aan met die oefening en maak daardie afspraak so gou as moontlik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement