advertisement
Question
Posted by: Louis | 2007/04/24

Suiker en Kafein

Mens lees so dikwels dat suiker asook kafein skadelik is - suiker verlaag mens se immuniteit en is sleg is vir asma - dit verhoog die vog op die longe. Is dit beter om suiker en kafein te vermy?

Wat is jou opinie oor die gebruik daarvan.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Louis
Die oormatige gebruik van suiker en kafeïen kan moontlik nadelige effekte hê. As mens te veel suiker eet, kan dit jou energie-inname opstoot en tot gewigstoename lei. Oormatige suikerinname sonder ordentlike mondhigiëne, lei ook tot tandbederf. Daar is egter geen wetenskaplike bewyse dat suiker immuniteit verlaag, asma vererger (tensy die persoon allergies is vir suiker), of die vog op die longe verhoog nie, dus is matige inname van suiker nie nadelig nie. Kafeïen is weer in groot hoeveelhede 'n stimulant en kan slaaploosheid, prikkelbaarheid en bewerasies veroorsaak. Wetenskaplikes het egter verlede jaar aangedui dat kafeïen in klein hoeveelhede nie juis skadelik is nie. Die geheim is dus om suiker, kafeïen en alle ander voedsels en dranke in matigheid te gebruik.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement