advertisement
Question
Posted by: Frieda | 2007/04/12

suiker

Ek wil graag die volgende weet oor suiker. Ek het 'n seuntjie van 6 wat oorgewig is. Hy neem deel aan sport en is aktief. Ek kyk wat hy eet. Hy is nie ief vir soet goed nie en eet sy bord kos op .(ek kook elke aand en daar is 'n versydenheid groente waarvoor hy baie lief is) My probleem is koeldrank. My kinders moet almal water drink ek is baie gesteld daarop. Maar hy sukker met die water drink. Ek beperk hulle gas koeldrank tot naweke en dan sal ek Tab, Coke-lite of Diet-Sprite koop. Ek is egter bang ek maak nou meer skade met die kunsmatige versoeters as met die suiker.
En wat kan ek daagliks vir hom gee on te drink? Sy sussie van 9 is rietskraal, kry dieselfde kos maar drink geen koeldrank net water, daarom dink ek dis waar sy probleem lê.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Frieda
Onlangse navorsing het aangedui dat "vloeibare suiker" in suiker-versoete koeldranke en vrugtesappe blykbaar meer bydra tot gewigstoename as "soliede suiker" soos tafelsuiker wat mens bv oor pap strooi of by koffie of tee voeg. Dit is nog nie seker hoekom vloeibare suiker meer 'obesogenies' is as soliede suiker nie. Die gaskoeldranke wat jy noem is kunsmatig versoet en sal nie bydra tot gewigstoename nie. As jou seun sukkel om water te drink, dan kan jy miskien vir hom soda water (geen energie nie) of gebottelde water wat ook kunsmatig versoet is, gee. Kyk op die etikette van die gebottelde water en as dit minder as 5 kJ/100 ml bevat, behoort dit nie tot die probleem by te dra nie. Ek wil egter voorstel dat julle 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou kind 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat sy oorgewig aanspreek, maar nog steeds al die voedingstowwe bevat wat jy nodig het om gesond te groei.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement