advertisement
Question
Posted by: christa | 2008/06/09

Sudeck"s Antrophy

My skoonseun is met "sudeks antrophy" gediagnoseer. ons kry nie veel inligting daaromtrent - behalwe dat die toestand dalk kan regkom of ook nie. sy regterarm is aangetas is basies heeltemal verlam. hy het geen krag in die arm of hand nie en ondervind verskriklik pyn, hy word ook baie moeg en kry baie koud - waar hy voorheen nooit koud gekry het nie. hy kry fisioterapie behandeling maar daar is na 1 maand nog steeds geen verbetering nie. die arm swel van die elmboog af na die hand toe ook. MRI en Brein skanderings wys geen foute.
kan iemand dalk help asb.
baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Christa
Sudecks atrofie is 'n toestand waar lokale osteoporose van been voorkom na direkte trauma plaasgevind het. Dit kom gewoonlik in die hand voor (het hy dalk 'n besering opgedoen?).
Die ander naam vir hierdie toestand (waar daar geen besering voorgekom het nie, maar dit spontaan plaasvind) is "Reflex sympathetic dystrophy".
Fisioterapie is die belangrikste deel van behandeling en julle moet maar geduldig wees.
Baie pasiënte vind ook baat by medikasie soos prednisoon en anti-depressante. Prognose hang af op watter stadium behandeling begin is- dus hoe gouer daar met behandeling begins is, hoe beter die kans op volle herstel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: christa | 2008/08/14

Goodday,
after reading your answer to the above much more has happened. the arm is totaly paralysed as well as the leg. he has been submitted to hospital and every tets thinkable has been done - but we still dont have a daignoses or treatment.
do you perhaps have another explanation?

thanx

Reply to christa
Posted by: Joan | 2008/08/01

Hallo

Ivm REFLEX SYMPATHETIC DUSTROPHY, ek is alreeds in 2004 gediagnoseer en ly nog steeds ek is bereid om met die dame te gesels en raad te gee

Reply to Joan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement