advertisement
Question
Posted by: CF | 2003/02/25

Subchondrale Kiestes

Hi, my ma het sopas laat plate neem van haar heup en bekken. X-strale wys daar is tekens van vroee degeneratiewe veranderinge en dat daar subchondrale kiestes aan die linker kant waar geneem kan word. Sy het baie pyn in haar heup vir die afgelope jaar. Hy (dokter) het slegs gesê dat dit slegte nuus is en haar na 'n spesialis verwys. Sy is baie bekommerd op die oomblik. My vraag dus: Wat presies is subchondrale kiestes (glo iets met gate in die been te doen) en wat is die implikasies daarvan? Wat se behandeling word gewoonlik benodig? Dit sal gaaf wees om te weet sodat sy ten miste tydelik weet dit is. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

CF, dit is holtes in die been net onder die kraakbeen. Dit mag wees as gevolg van osteoporose en ‘n teken wees dat die heup besig is om swak te word. Dit mag ook wees dat daar iets is in die been wat die spasie opneem wat dit soos holtes laat lyk. Die beste sal maar wees om die ortopeed te sien en ‘n definitiewe diagnose in plaas van ‘n geraaiery te kry. :-) Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement