advertisement
Question
Posted by: K van K | 2008/07/21

Stres raak nou te veel

Ek sukkel al vir maande met borspyn en ' n bloedrooi, maar pynlose keel. Ek het so drie jaar terug aan paniekversteuring gelyk, maar drink sedert Januarie geen meer medikasie daarvoor nie, ek voel egter of ek weer paniekerig begin raak as gevolg van my borspyn en keel. Ek stres my elke dag dood dat daar dalk iets ernstig met my fout kan wees.
Die dokter het eers gesê  die borspyn is as gevolg van die paniekerigheid. Toe is dit as gevolg van ' n mantielvliesbreek, en nou sê  sy dit is tietze sindroon - sy het egter geen toetse gedoen om een van die bg diagnoses te maak nie.
Die keelseer was eers mangelontsteking en nou as gevolg van sinus - weereens het sy geen toetse gedoen om dit te bepaal nie.
Ek het sedert verlede jaar borspyn wat nie wil weggaan nie - partykeer is dit erger as ander kere, maar nooit so dat ek wil hospitaal toe gaan van pyn nie.
My keel is oor die algemeen nie seer nie, partykeer is dit bietjie seer as ek spoeg sluk (nie kos of drinkgoed nie). Dit voel vandag of daar iets teen my keel (nek) druk (nie erg nie - maar ek voel dit). Ek weet nie of ek myself " siek"  dink nie, en of daar dalk rerig iets fout is nie - help my asseblief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo K van K
Of jy nou 'n geskiedenis van angstigheid het of nie, mens mag maar ordentlik ondersoek word as jy siek is, en 'n borskaspyn wat aanhou moet tenminste 'n EKG en dalk 'n Xstraal kry! Vir so aanhoudende keelseer moet mens ten minste 'n keel smeer neem, en 'n volbloed telling doen om te kyk of daar 'n kiem is en of jy tekens van infeksie toon. Vra haar om jou na 'n oor neus en keel spesialis te verwys of dit self te doen en vra haar om 'n EKG en hartensieme te doen, al is dit net om jou gerus te stel dat dit nie jou hart is nie. Ek is seker sy sal nie omgee nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement