advertisement
Question
Posted by: Katzi | 2007/03/01

Stout of nie ?

My kat word een jaar oud hierdie maand.

Hy vertrou my met sy lewe en is onsaglik lief vir my nes ek vir hom maar .... die klein kalant maak my wakker elke oggend dou voor dag.

In die begin was dit oordat hy honger is (of so het ek gedink) maar nou weet ek nie meer nie.

Hy sal begin om onder die bed in te seil (hy's 'n bietjie oorgewig) en le op sy rug, kap die kloue in die bed en hardloop letterlik op sy rug op en af onder die bed (my bed onder lyk hy was in die oorlog). As dit nie werk nie, kom sit hy naby my gesig en sit sy pootjie op my oog of op my mond en as ek niks doen, haal hy daai naels uit tot ek wakker word. Waarom doen hy dit ? Sodra ek opstaan en begin klaar maak vir werk, sal hy dan gaan le en slaap. Dan sit Ma die heeldag en visvang by die werk want Vlooitjie hou nie daarvan as ek slaap nie. Raad asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Sy soek aandag. U kan natuurlik die kat uit die kamer snags uitsluit.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: R | 2007/03/05

I have the same problem with my adopted approx. 10yr old!
Locking her out does not help - she'll cry at the door or come in the window. She also likes the base of the bed or chasing her tail on the bed if u ignore her. Haven't found a solution in the 1.5 yrs I've had her. Love her to bits though!

Reply to R
Posted by: Lea | 2007/03/02

Hi Katzi,

Myne doen dieselfde, maar sy kom staan gewoonlik ook op my bors en kyk my in die gesig en maak prrr prrr geluidjies tot ek wakker word. En glo my, as ek nie wakker word en haar vryf nie, byt sy my soms op die neus!!

Sy soek aandag en al is dit nie die regte tyd nie, kan sy nie die verskil agterkom nie, sy is dan nou lus vir aandag so wats jou probleeem? Lol - hulle is so oulik met hulle maniertjies, maar as dit jou pla, moet jy maar die deur toe maak or self 'n water bottle kry wat 'n fyn mis water spuit, dit sit hulle nogals af.

Ek het maar vrede gemaak met die 3 uur wakker word, ons is nou in 'n roetiene, 3 uur wakker vir 5 min vir 'n lekker vry sessie, en dan slaap ons weer tot 6 uur, en dan moet dit eet!

Sterkte en geniet jou katjie, my ander een het weg geloop en ek mis hom vreeslik, so geniet hierdie liefde wat jy kry!

Reply to Lea
Posted by: SUN | 2007/03/02

Haai Vlooi is oulik - hy soek aandag en wil speel. Kry dalk vir hom 'n maatjie om mee te speel? Hulle sal hulle gate uit geniet en jou in vrede laat! Ek het 'n kat gehad wat hom so aan sy naels om die bank getrek het en dit geniet het om onder 'n seilagtige stoepstoel te le, op sy rug en onverwags sy naels in jou boude in slaan. Maar hulle is tog so oulik, 'n mens word nooit vir hulle kwaad nie!!!

Anders moet jy die kamerdeur toemaak maar soos ek Vlooi ken sal hy aan die deur krap totdat jy oopmaak!

Reply to SUN

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement