advertisement
Question
Posted by: Bekommerde Mamma | 2008/01/23

stopayne/ panado stroop

ons het `n pragtige , gesonde babaseun van 8 maande oud wat soos enige ander baba soms lastig / moeilik raak. Ek gee hom 1 Vidol poeier per dag vir tandesny indien nodig ( nie elke dag nie ) - is dit veilig of kan u iets beters voorstel? My skoonma beveel egter aan dat ek hom stopayne moet gee selfs al is hy net effens lastig.Sy se my skoonsuster het gereeld vir haar 2 kinders op aanbeveling van hul pediater stopayne gegee om hulle rustiger te maak & beter te laat slaap.Sy reken dis heeltemal veilig & nie verslawend nie.Ek stem glad nie saam dat stopayne of enige ander medisyne op 'n gereelde basis gegee mag word nie - ek sal graag u opinie hieroor wil hoor. Laastens wil ek uitvind oor my seuntjie wat kruip & homself teen alles optrek - hy val gereeld al hou ek hom heeltyd dop - ek probeer keer sover ek kan , maar kan nie altyds betyds keer nie.Ek is so bang dat hy skade kan opdoen as hy gereeld sy koppie stamp - meeste mense verseker my dat dit deel van grootword is & dat dit nie skade kan veroorsaak tensy hy van iets hoogs af val nie.EK sa l graag hieroor ook u opinie wil kry. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo bekommerde Mamma
Stopayne stroop bevat kodeien wat verslawend is, so asb, moenie dit gereeld gee nie, en defnitief nie net vir lastigheid nie! Mens moet ook versigtig wees met die tandepoeiers, dit bevat gewoonlik paracetamol en mens kan hulle oordoseer, so bly by die voorskrif op die pakkie. Val gaan hulle val, en as hulle net van hulle eie hoogte “af val” kom hulle gewoonlik niks oor nie! Gewoonlik keer hulle tog en land hulle meestal op die doek, as jy dink hy val onnodig baie op sy kop (elke dag!) moet jy dalk net dat ’n arbeidsterapeut hom evalueer om te kyk of hy swak spiertonus het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement