advertisement
Question
Posted by: May | 2008/12/11

Staking van medikasie vir depressie

Dr

Ek wil weet hoe ' n mens die gebruik van ' n antidepressant staak. My man (hy is 45) gebruik 10mg Cipralex en wil dit staak. Hy het dit in April begin gebruik - dit was as gevolg van werksomstandighede wat moeilik was wat hy depressief begin raak het - hierdie probleem is egter nou opgelos (in Julie) - hy het ' n praktyk gekoop (rekenmeesterspraktyk) en werk nou vir homself. Hy het regtig nie meer die medikasie nodig nie en voel baie goed en is weg uit die omstandighede wat hom depressief gemaak het. Hy wil die pille los maar ek wil weet hoe hy dit moet verminder. Ek het gehoor dit moet geleidelik verminder word. Die huisdokter het gese hy kan afgaan en die sielkundige ook maar ons het nie gevra hoe dit gedoen moet word nie - dalk het die dokter gese maar ons het dit nie ingeneem nie!

Sal dr raad gee asseblief?

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo May
Hy kan begin deur elke 3 de dag se dosis te los vir so 2 weke, dan elke 2 de dag vir so 10 dae, en dan kan hy probeer ophou. As mens te vinnig los voel mens goor - jy kan slapeloosheid kry, geirriteerd wees, nagmerries kry, duiseligheid of dowwe visie kry of angstig voel
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement