advertisement
Question
Posted by: Dieretuin | 2004/10/15

staffie suukel om op te staan

Hi Doc,
Ek het n Staffie van ± 4 jaar oud. Sy eet net Pedigree en so een keer n week word al my diere getreat met rafel kos. Sy het van Maart maand begin sukkel om te loop op die regterkant se been voor en dit was geswel. Ons het gedog sy het haar voet verstuit. Toe die winter kom toe kon sy skaars loop op al haar bene en moes toe binne die huis slaap. Soggesn as sy op staan vat sy behoorlik 5 min om in beweging te kom, ons het al vir haar Voltaren gegee. Ons vermoed sy het rimitiek in die bene is sulke behandlings duur en as dit is sal ons haar moet uit sit. Sy wi ook deesdae nie meer eet nie en ek het probeer om elke aand vir haar tafel kos te gee om te kyk of sy wil eet, maar geen sukses nie. Wat stel doc voor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Jou hond is nog jonk- daar moet 'n antwoord gevind word en die behandeling kan dan eers spesifiek voorgeskryf word. Daar is verskeie moontlikhede en 'n spesifieke diagnose is nou nodig - gaan sien asb jou veearts. Voltaren is uiters gevaarlik vir jou hond en kan dodelik wees. Onthou sy is in pyn - moet nie die toestand ignoreer nie.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2004/10/16

Dit klink vir my die hond ly pyn.

Vat haar veearts toe, dit is you plig! En as jy dit nie kan bekostig nie, gee die hond liewer aan 'n diere-instelling wat vir haar 'n ander tuiste kan vind.

En hou op met die hond menslike pyn of anti-inflammasie medisyne te gee.

As jou been seer is, dink jy regtig dit gaan help om vir 'n rukkie ander kos te eet?

Gaan doen jou plig en kry hulp vir die arme dier.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement