advertisement
Question
Posted by: DEE | 2004/03/11

STAATSHOSPITAALDIENS VIR OUERS

Beste Dokter

Vir die afgelope 9mnde is my ouers nie op 'n mediese fonds a.g.v. hul finansies. Gevolglik is hulle gedwing om aan te klop by staatshospitale. My Pa is 65 en het 'n geskiedenis van hoë cholesterol; bloedklonte; 2 aorta-oorplantings en 'n hartomleiding. My Ma is 63 en het 'n geskiedenis van hoë bloeddruk; asma en 'n rare longkwaal (vlg haar vorige spesialiste).

Hierdie is vir my 'n saak van groot erns. Hulle het tydens hul besoeke by die staatshospitaal nie een keer die voorreg gehad om deur die geneesheer ondersoek te word nie. Die geneesheer het nog nie eens eenkeer hul bloeddruk geneem of na hul hartklop geluister nie. Daar is generiese medikasie vir my Ma voorgeskryf (Oxis en Purmacort), maar haar toestand het dramaties verswak sedert sy bg. gestaak het. Ek het self al haar vorige spesialis gekontak en raad gevra, maar het geen reaksie gekry nie. Is daar ENIGE IEMAND wat mens kan kontak om te hoor hoe staatspasiënte behoort behandel te word. Is hulle geregtig op ondersoeke en toetse (MRI, patologiese-toetse en radiologie, ens).

Dokter hierdie is regtig vir my 'n hartseer saak. Alle Suid-Afrikaners wat nie mediese kostes kan self dek nie word blootgestel aan hierdie swak publike mediese sektor. Ek sien elke dag hoe my ouers agteruitgaan en weet glad nie wat om te doen nie.

As u enige raad of inligting (kontaknommers) het wat ons kan kontak vir meer raad, sal ek dit opreg waardeer.

Groete,
Dee

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dee, dis nou maar ‘n feit van die nuwe SA. Daar is die manier wat dit behoort gedoen te word en dan is daar dit wat die begroting toe laat. Jy kan ‘n spesifieke dokter gaan aankla by die SAGTR, maar om die staat te probeer aankla is ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit staan jou vry om te probeer om die minister van gesondheid aan te vat, maar wat dink jy is jou kans? Ek weet daar is ‘n probleem, maar ek weet ongelukkig nie wat die oplossing is nie. Die enigste opsie is maar om privaat fooie te betaal en die regte medikasie te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Marnie | 2004/04/03

Probeer maar weer 'n staatshospitaal. miskien het die personeel geruil of so en julle is gelukkiger en kry die nodige behandeling. Ek het gevind dat dit baie afhang van wie op diens is. Voorspoed!

Reply to Marnie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement