advertisement
Question
Posted by: TANYA | 2008/06/23

Spiertjie wat spring - senuwee?

Ek was verlede week by 'n dokter hier. Daar is 'n spiertjie wat in my regterarm bo by tye aanmekaar spring. Die spietjie/senuwee spring veral as ek slaap. Ek kan net op my regtersy met my arm om my nek slaap. Enige ander posisie maak my mal en hou my uit die slaap. Die dokter het my genoem dat ek 'n tekort het aan Kalsium en magnesium asook sink en dat dit die "kramp" in my arm sal laat verdwyn. Dit is 'n week later, wat dit nou al 2 weke maak dat ek die minimum slaap kry. Ek drink Ultimag en Sandoz Calsium tablette. Ek smeer ook Flexidrin aan my arm. Die dokter wil my vanmiddag 2-uur weer sien. Hy wil dan bloed trek om te kyk of medikasie my sal help. Indien dan nie, wil hy my stuur vir 'n MRI, wat ek nie kan bekostig nie. Sal 'n kortisoon of voltaren inspuiting nie dalk help nie. Ek wil nie arm anderkant uitstap nie, maar ek het 'n slag 'n goeie nagrus nodig anders gaan ek mal raak.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Kortisoon of Voltaren sal nie help nie - dis gewoonlik spier of senuwee verwant. Hy gaan waarskynlik vir jou 'n spierverslapper ook gee en moet sê ek sou die selfde roete as hy gevolg het - klink nie vir my soos 'n gewone "springende spiertjie" nie. Ek hoop jy kom reg - laat weet my wat hy voorgeskryf het?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Tanya | 2008/06/24

Hallo Dokter. Ek is voorgeskryf Diclofenac (Panamor) and Diazepam (Pax). Ek het albei gedrink net na aandete. Dit het dit vir my moontlik gemaak om vir omtrent 'n uur met gemak op my rug te kon lê daarna het dit net liggies gespring. Dit het nie so erg gepla nie. Maar hier in die vroeë oggendure vanaf so 4-uur het dit maar weer begin klop. Ek het ook vanaf gister vrek seer kuite, asof ek berg geklim het, maar ek het niks die naweek gedoen wat my kuite so kon seer maak nie. Ek sukkel ook met hoofpyne, veral my nek raak baie seer, maar slegs aan die een kant op 'n slag. Partymaal as ek my kop heen en weer skud, kan ek hoor hoe krggg dit in my nek. Ook my lae rug raak seer asook die spiere agter my blad, wat brand as ek regop sit en dan afkyk na my skoot. Dokter, kan dit te wyte wees aan stres? Ek was onder geweldige werkstres die afgelope maand met my werkgewer en sy vrou wat met vakansie was en ek 3 mense se werklading moes hanteer. Ek kry nie baie oefening waar ek kan ontlaai nie en ek is geneig om op te krop as iets my ontstel.....Ek weet dit is veel meer 'n antwoord as wat u verwag het, maar ek is regtig moedeloos en wil net hê dit moet nou ophou. O ja, die dokter sê een van die toetse wat hulle gaan doen met die bloed wat getrek is, is vir my niere. Wat beteken dit? Dankie Dokter.

Reply to Tanya

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement