advertisement
Question
Posted by: cj fft | 2003/02/21

Spierpyne

Ek het probleme met spierpyne agter my blaaie, doen elke dag rekenaar werk
kan nie enige pyn pile drink nie a.g.v sensitiewe maag. Sien gereeld "n fisio
vir behandeling, maar dit help nie lank nie moet eintlik aanhoudend gaan en dit is te
duur , is die spierpyne dalk rumetiek? kan ek my dieet dalk aanpas om dit te help voorkom
hoe weet ek dit is rumetiek? ek het al Xstrale geneem daar is nie fout met my rug nie
ek is 60 jr oud. U raad sal help. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

cj fft, dit sal eerder as gevolg van ‘n nek probleem as ‘n rugprobleem wees. As jy reeds x-strale van jou nek laat neem het en dis normaal, mag die probleem as gevolg van jou postuur wees wanneer jy agter die rekenaar sit. Die regte postuur terwyl jy agter die rekenaar sit is baie belangrik en ek dink dat 'n "gebreekte" keyboard hier van groot waarde sal wees. Microsoft® noem hulle s'n die Natural Keyboard en ek neem aan daar's seker ook namaaksels daarvan beskikbaar. Probeer dit en hopelik is jy net so aangenaam verras soos die ander mense waaraan ek dit aanbeveel het. As jy geen verligting kry na bogenoemde nie, sal dit raadsaam wees om 'n neurochirurg of ten minste 'n neuroloog te gaan sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement