advertisement
Question
Posted by: Deurmekaar | 2007/03/19

Spastiese dikderm?

Ek sal graag wil weet wat u dink. Ek het al vir 'n geruime tyd hierdie "gevoel" in my buik. Dit voel soos -|- raksies, net aanhoudend. Dit voel soos spiere wat aanmekaar saamtrek en los. Tot die spiere in my bene voel ook so. My dokter se dis spastiese dikderm. Ek het nie diaree of is nie hardlywig nie. My maag gaan gereeld elke dag, alhoewel nie "gemaklik" nie. Net so asof daar nie genoeg stoelgang is nie. Is dit werklik spastiese kolon? Ek kry ook nie krampe nie, maar kan dit eerder beskryf as spierpyne. Dit gaan nooit weg nie. Kan dit nie dalk inflammasie wees nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Deurmekaar
Waar is hierdie gevoel - binnekant of op die buitekantste spiere van jou maag? As jy jou maagspiere hard maak, voel jy dit nog? Het jou dokter jou Kaliumvlakke en Natrium vlakke getoets? Gor jou maag baie en of is jy winderig?
antwoord in die post a question box asb.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: g | 2015/09/10

My dogtertjie van 6 kla al lank hieroor , sy kry gedurig buik pyne of krampe , sy gaan badkamer toe maar partykeer niks , ek haar al by dokter gehaat maar dok se sy het dalk stres , een of ander onder derm spier wat dit aan tas , maar ek kan nie glo dat kind v 6 so iets sal he nie, kan iemand help asb dringend

Reply to g
Posted by: Anonymous | 2014/10/30

Ek is verskriklik opgeblaas en sukkel gereeld met stoelgang.Niks wat ek probeer help nie,dis nou al so seer dit voel of my longe inmekaar gedruk word.Dit lyk asof ek 'n bal ingesluk het.Wat kan ek gebruik?Ek slap dus ook nie snags nie.

Reply to Anonymous
Posted by: Cornel | 2007/03/20

Deurmekaar,

Ek het vir 4 JAAR LANK hierdie simptome ervaar: buik trek in mekaar (voel regtig soos k o n traksies) en al die GP's het my diagnoseer met IBS (prikkelbare dermsindroom) en my maag was nie hard en opgeblaas nie, stoelgange nie hard nie, nie loperig nie en as ek winde gelaat het of 'n stoelgang gehad het, het dit nie die pyn verlig nie. Net die volgende dag was dit weg! en sowaar, 'n paar weke later weer terug en niks wou dit verlig nie. Die uiteinde van die saak: GALBLAAS-probleem! stukkies gal wat in die lewer pypies agtergebly het en seer gemaak het, sover as wat dit moes passeer. Ek het Sept. 2006 my Galblaas laat verwyder en na 'n ERCP het hulle eers agtergekom wat my vir 4 jaar lank seer gemaak het.

TOT OP HEDE nog NOOIT weer enigsins buikpyne gehad nie.

IBS sal jou maag opgeblaas, hard maak en jou stoelgange sal sag/hard/loperig wees en sodra jy toilet-toe was, sal jy verligting voel.

Ek hoop ek kon help.

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement