advertisement
Question
Posted by: Celeste | 2011/03/18

SPASMA

Hi Dr. Bets

Ek het so 8 weke gelede ''n nekfusie van die vlak C5-T1 gehad en dra nog my sagte stut. Hierdie week is my eerste terug by die werk. Die probleem is dat ek geweldig baie spasma het in my nek, af tussen my blaaie, meer aan die linkerkant. Die pyn gaan ook in my skouers en my arms af. Dit het nie nou eers begin nie, maar was daar vandat ek geopereer is. Wat kan al hierdie spasma veroorsaak? Dit was my 6de nekoperasie en die eerste keer dat ek so sukkel.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Celeste

Die spasma word deur inflammasie in die spiere veroorsaak wat weer vererger word deur pyn. Dit is belangrik om die siklus te breek deur middel van anti-inflammatoriese middels, spierverslappers, fisioterapie en pynverligting.

Ek stel voor dat jy 'n pynkliniek konsulteer. Die dokter wat jou operasie gedoen het, sal vir jou 'n verwysing kan gee. Intussen kan jy Ibuprofen en Robaxin 750mg probeer om jou simptome te verlig.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement