advertisement
Question
Posted by: MIKYLA | 2007/05/15

SOYA PRODUKTE - TODLERS

Ek het vandag gelees dat Soya melk vir babas baie nadelig is; veral soya in mince. Ek gebruik soya mince vir my baba wat 14maande is want sy eet nie gewone mince nie. Ek wil nou onmiddellik stop om dit vir haar te gee, maar is daar nou reeds skade aangerig?
Watter boek kan ek koop vir mealtime idees vir my baba?
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mikyla
Die kwessie van moontlike skadelike uitwerkings van sekere stowwe in sojaprodukte het veral betrekking op suigelinge wat eksklusief net sojamelk drink. Vir kleuters wat 'n gebalanseerde dieet inneem wat baie verskillende voedsels bevat, is dit nie eintlik ernstig nie. Jy noem net dat jou dogter gemaalde soja eet - drink sy ook sojamelk, en indien wel, hoekom? As sy bv vir koeimelk allergies of intolerant is, dan is sy op sojamelk aangewese vir baie van haar voedingstowwe, veral kalsium. As sy nie sojamelk drink nie, en wel allerhande soorte voedsel eet en 'n verskeidenheid drankies drink (melk, water, rooibostee) dan sal dit regtig nie skade doen as sy soms gemaalde soja eet nie. Kliek op 'Child' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Nutrition' en kyk onder 'Diets for Toddlers' om te sien wat en hoeveel klein kinders behoort te eet. Jy behoort by 'n goeie boekwinkel soos Exclusive Books, resepteboeke vir kindermaaltye en -spyskaarte te kan vind.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement