advertisement
Question
Posted by: Hartseer | 2004/11/24

Sonder vrou se liefde

Ek is vandag bietjie af en dalk vol self bejammeringmaar dit is vandag 'n jaar dat my vrou vir my gesê het sy is nie meer lief vir my nie. Hierdie was die moeilikste jaar van my lewe maar ons is gelukkig nog by mekaar. My foute het ek herken en het professionele hulp gekry en werk elke dag daaraan om 'n beter man te wees. Ek kan nog nie werklik sien dat my situasie verander het nie maar nou ja, ek sal nog vasbyt en sien wat die toekoms inhou.
Wou dit maar net uit my gestel kry. Lekker dag vir almal!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Dear Hartseer,
Sorry to hear of this, and indeed this must have been a very difficult year for you. And congratulations on having used the experience sensibly, to get help and attend to your faults, so that you are today a better man for the experience.
Has your wife no interest in joining you in marriage counselling, to improve the possibilities of happiness for both / all of you ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

20
Our users say:
Posted by: P | 2004/11/25

Hallo Hartseer

Ons weet nie wat die omstandighede is nie, maar ek wil net vir jou sê: Jy klink na 'n wonderlike ou met alles wat jy sê en selfondersoek wat jy doen en skuld wat jy vat.

MAAR moet jou nie so DOWN doen nie, op die einde is daar 'n ander party wat ook foute het, dalk meer as jy, moenie heeltemal agteroorbuig en skuld aanvaar vir omstandighede nie. Kyk in die spieel en sê vir jouself jy is ok, wees lief en voel goed oor jouself! Jy mag mos. Jy kan die wonderlikeste ou wees met al die regte intensies en dan is dit nie jou skuld as jou vrou voel soos jy voel nie. En jy weet, die mens is 'n snaakse ding, mens moet nie speletjies speel met mekaar nie, maar as jy so hard werk om haar guns te wen, dan raak dit maar vir haar vervelig en sy sit net agteroor want sy het niks om vir te baklei nie. Dinge moet van twee kante afkom.

Reply to P
Posted by: Hartseer | 2004/11/25

CS, ek sien more oggend my psigiateren sal dan weer lekker kan gesêls. Ek het vir haar gesê dat sy ook iemand moet sien en praat maar sy is nog nie reg nie. Sy het met haar sielkundige kontak gemaak so ek glo sy sal ook daaraan begin werk.
Aan Kasandra en C.I. Ek weet God sal niks in jou pad plaas as jy nie saam met hom daardeur kan kom nie. So my vertroue is altyd daar en ek weet dat daar 'n rede vir hierdie dinge is. Ek weet nie wat nie al het ek my kop al gebreek oor hoekom hierdie dinge moes gebeur het.
Ek weet dinge kan werk maar dit is baie belangrik wat Q sê, ons moet altwee baie hard saam werk dan kan dinge regkom. Ek sal aanhou probeer om my foute reg te maak en omdat ek positief is sal ek nog daardie rustigheid in myself kry want ek smag na die rustigheid.
Lekker dag vir almal!

Reply to Hartseer
Posted by: lady nina | 2004/11/24

hi daar

ek weet presies waarvan jy praat, ek hoop ook my ex verander en dat ons weer bymekaar kan kom, ek steek dit baie goed weg maar dit hoop is daar

hoop is a wonderlike ding maar in my geval is idt baie sleg

nina

Reply to lady nina
Posted by: C.I. | 2004/11/24

Hartseer,
ek stem saam met kassandra, al gehoor van
God works in mysterious ways.
Dis waar, wanneer een deur oop gaan, slaan tien gelyk oop vir jou, ek was ook daar, en min het ek geweet, dat die geluk van my lewe vir my wag, hy is glad nie vergelykbaar met my vorige kerel nie, hy is heeltemal anders , meer liefdevol, en staan my by met alles, more gaan ek hospitaal toe, en hy het al klaar vir my laat verstaan dat hy na alles sal omsien. Ek wil net vir jou ook se ; as jy 26 jaar met iemand kon gewees het, dink ek nie daar kan baie fout wees met jou nie, dit laat my net wonder hoekom nou ewe skielik? So bly lief vir jouself en bly positief, lees , luister na musiek, klim in jou kar en ry uit weg van die stad af vir 'n paar ure, sodat jy terug kan keer met nuwe moed

Sterkte Jong

Reply to C.I.
Posted by: Kasandra | 2004/11/24

Ek dink nie mens kan regtig iemand volkome lief he as jy nie jouself lief het nie - wanneer mens heel is en vind daardie innerlike liefde dan is jy vol en kan jy gee - sy is jou "one and only" en dit is wonderlik.

Ongelukkig met die jare word daar fondamente en pilare van bitterheid en seer en soveel meer op die hart geplaas waar al die liefde lê en dit bou op en op en die liefde is nog daar maar mens kan dit nie meer voel nie want al wat jy voel is dit seer en bitterheid en verweite.

Miskien moet jy ook meer op jouself probeer fokus en daardie geluk binne in jou vind. Jy se jy werk aan jou foute en kry professionele hulp dit is amazing dit help soveel as mens regtig bereid is om iets vir mens self te doen.
Hier is iets:
As dinge net nie reg wil loop en jy verloor jou laaste hoop
Onthou God laat die son weer skyn en Hy laat jou sorge kwyn
Moet dus nie dink jy't klaar verloor
want vreugde lê weer vir jou voor.


Reply to Kasandra
Posted by: CP MOM | 2004/11/24

My vriend jy stel net die onvermeidelike uit - dink jy die kinders voel nie die liefdelose huwelik aan nie ? hmmm ? aai ek weet dis nie maklik nie en net jy sal kan besluit en dan daarmee saamleef.....

Reply to CP MOM
Posted by: Hartseer | 2004/11/24

Baie dankie vir julle bystand en raad. Glo my dat ek almal se kommentaar ter harte neem en ja, dis nie maklik om so aan te gaan nie en ek weet ook nie hoe lank ek nog sal kan uithou nie. Paul, dit wat jy vir my geskryf het is juis my grootste vrees en ek bid dat dit nie sal gebeur nie maar ons almal ken vir "Murphy"

Reply to Hartseer
Posted by: Kernel | 2004/11/24

Ek stem 100% saam met Q. Ek dink ook dat jou vrou jou net gebruik as 'n "back-up" en dat sy 'n verhouding met iemand anders het wat haar voer met gif teen jou.

Jy moet dit nie langer toelaat nie en iets daaromtrent doen. Vind uit wie die slang in die gras is en dan stel jy haar voor 'n ultimatum - sy bly en werk aan die huwelik of sy gaan en gee jou die geleentheid om voort te gaan met jou lewe. Hierdie ding gaan jou emosioneel verwoes as dit langer so aangaan.

Die situasie soos dit nou is pas haar soos 'n handskoen en sy sal niks doen van haar kant af om die huwelik te red nie - jy moet die aanvoorwerk doen - dalk kom sy tot haar sinne soos met Q se geval.

Sterkte.

Reply to Kernel
Posted by: Pop | 2004/11/24

Ja ek hoop om dit uit jou "gestel" uit te kry het gehelp - sterkte en ons is altyd hier ne ?

Reply to Pop
Posted by: Paul | 2004/11/24

Weet jy dis baie sad, ek kan net dink hoe dit binne voel as jou geliefde so uitlating maak. Ek dink 'n affair is beter as om te hoor "Ek het jou nie meer lief nie". Dis 'n baie noble ding dat jy se sy is jou enigste liefde, maar maat, hoe lank kan dit so eensydig wees. Ek is seker na 26 jaar is dit maklik om in 'n roetine te verval maar moenie ander deure toemaak wat moontlikhede bied, deur te bly in 'n liefdelose (ek is seker sy gee om vir jou) verhouding nie. Hoe lank voor sy iemand kry wat sy lief is voor hoe gaan jy dan voel. Ek kan my nie in jou skoene plaas nie maar ek vat die pyn liewers nou as later.

Reply to Paul
Posted by: P | 2004/11/24

Hartseer, jy vra nie raad nie, jy het geskryf jy: "Wou dit maar net uit my gestel kry"

Daarom sterkte, want ons almal kan raad gee, wat dalk nie van toepassing is nie en onvanpas is.

Reply to P
Posted by: Demon | 2004/11/24

Boet you are wasting your time and effection!!!!! sorry mate but make a brake if love is dead it cn not be resorected. It has to be new and from scratch!!!!

Reply to Demon
Posted by: Mona | 2004/11/24

Mens weet nooit nê! Om 26 jaar getroud te wees, moes daar groot liefde tussen julle gewees het, en ek glo nie dat kan ooit heeltemal weg gaan nie! Ek hoop en hou duim vas dat sy dit weer in jou sal vind. Sterkte!

Reply to Mona
Posted by: Hartseer | 2004/11/24

P, dat dit my selfbeeld 'n knak gegee het is verseker. Ek is 'n persoon wat floreer op liefde. Ek weet dit is simpel van my om njog te wil vasbyt maar dalk kan ek eendag weer haar liefde terug wen. Sou ek daarin slaag sal al die harseer en moeilike dae die moeite werd wees want ek is baie lief vir haar. Ons baklei nie en is relatief gelukkig maar die wete dat sy nie lief is vir my nie veroorsaak sulke dae soos vandag.
Mona, ek weet dat my verandering dalk nie weer haar liefde kan terug kry nie maar ek het altyd hoop en solank daar hoop en geloof is, wie weet?

Reply to Hartseer
Posted by: Q | 2004/11/24

More more hartseer,

Ou maat daar is twee dinge wat jy kan doen en altwee van dit is daar twee mense in, daar is geen doel daaraan om aan jou self te werk en sy doen nie haar deel om dinge te verbetter nie!! Ek was daar ek weet wat jy deur gaan en op die einde van die dag moes ek uitvind dat die een of ander slang haar goed vertel het en ons verhouding stadig vergiftig het. Ek se nie dis presies wat met jou gebeur nie maar ek dink jy is sterk op pad soontoe. Is daar dalk iemand wat sy me saam gaan koffie drink net iemand wat sy se wat vir haar n klankbord is nie??? As daar is is jy waar ek was en jou situasie sal nooit verbetter nie want die ou of vrou is jou altyd een voor!!! want hulle weet alles en jy net klein stukkies. So niks wat jy doen gaan ooit genoeg wees of reg wees nie want hulle het tyd om die gif te gooi!!! Die beste raad is vir jou is om n berader te gaan sien iemand wat julle kan help om julle emosies na vore te bring en daarmee te werk!!! die seer weg te kry en julle verhouding gesond, die ander is om n breuk te maak hoe swaar ook al en haar die geleentheid gee om better te gaan kry, sy sal gou agter kom dat mans wat beryd is om te erken hulle het foute en daar aan werk min is. die punt is sy gebruik jou nou as haar sekurityds kombersie en as sy jou nie nodig het nie dan gooi sy jou eenkant en wanner sy jou nodig het dan tel sy jou weer op!!! In my geval het onsgeky en sy het haar affair man gevat en nie twee mande later besef dat sy dit nooit wou gehad het nie!! ons is na twee jaar se moerse harde werk van ons altwee se kant af weer baie gelukkig en die liefde loop dik maar dis baie harde werk en baie vergewe en baie uitsorteer maar daar is hoop!!!! Dink daar oor en sterkte ou maat!!!!

Reply to Q
Posted by: P | 2004/11/24

Hartseer

Ek het doelbewus my nie uitgelaat oor die aspek van "bly of ry" soos vorige twee op gereageer het nie.

Dit was nie jou vraag nie en jy het dalk nie op die stadium daardie reaksie nodig nie.

Ek hoor net jy is hartseer en het bietjie support nodig op hierdie stadium.

Reply to P
Posted by: Hartseer | 2004/11/24

Dis reg Pop. Ons is al 26 jaar getroud en ons het besluit om aan te gaan want ons het pragtige kinders. Sy haat my nie of so iets nie maar sy voel al blykbaar lank so maar het eers verlede November dit vir my gesê. Dit is seker vir haar ook moeilik maar sy weet tenminste dat sy die enigste liefde in my lewe is en seker altyd sal wees.

Reply to Hartseer
Posted by: Mona | 2004/11/24

Al sorteer jy al jou foute uit, kan dit haar nie maak lief wees vir jou nie.... Jy wil sekerlik nie in so verhouding bly nie??

Reply to Mona
Posted by: P | 2004/11/24

Jammer om van jou situasie te hoor, jy sal weet wat fout was, maar ek wil darem net sê dat dit 'n knock is vir mens se selfbeeld as jou geliefde vir jou so iets sê, so hopelik boost jy jouself so nou en dan en dink nie sleg en afbrekend van jouself nie, maklik om goed oor jouself te voel as iemand jou ondersteun en opbou, maar baie moeilik indien daar nie support is nie. So, jy mag onder andere goed voel oor jouself, want wat ookal fout is/was tussen julle, jy bly nog 'n wonderlike individu.

Sterkte daarmee.

Reply to P
Posted by: Pop | 2004/11/24

Ek weet nie of ek reg lees nie maar jy is al 'n jaar saam met 'n vrou wat nie vir jou lief is nie ?

Reply to Pop

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement