advertisement
Question
Posted by: Klippies | 2004/10/29

Soen julle nog?

Ek wil graag weet of vrouens en mans wat so 20-25 jaar getroud is, mekaar nog intiem soen soos toe julle nog na mekaar gevry het?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Ouer vrou | 2004/10/29

Ek is meer as 25 jaar getroud en ek moet bieg dat ek nie meer my man so soen nie. Dit is iets wat met die jare weggaan. Ek soen hom as hy gaan werk en voor ons gaan slaap, maar ek sien nie kans vir 'n gevryery nie.

Reply to Ouer vrou
Posted by: Snooks | 2004/10/29

Ek is 10 jaar getroud en ONGELUKKIG neem dit af! Ai ai ai dan wonder ek nogsteeds hoe kry die ou mense dit reg wat 25+ jaar getroud is!

In elk geval..soos hulle sê dit is die klein vossies wat die wingerde verwoes!

Reply to Snooks
Posted by: Klippies | 2004/10/29

Dankie vir almal se terugvoer. Dit wil voorkom asof dit kan afneem maar dit wil voorkom asof ek nou weer verlief is want ek wil graag weer so intiem soen. Nie elke keer nie, net so nou en dan as jy liefde maak.
Hi Disa,
Ek is nie 'n jagter nie alhoewel dit lekker is op die plaas. Ek sal nooit 'n bok kan skiet as hy so vir my staan en kyk nie. Biltong bly egter koning!

Reply to Klippies
Posted by: Disa | 2004/10/29

Hi Klippies,

Nee wat jong lyk vir my dit is iets wat met die tyd afwater, maar weet jy die klein dingetjies tel deesdae meer vir my. Elke drukkie en sagte soentjie op die mond wat ek in die oggend voor hy gaan werk of by die huis kom beteken vir my so baie meer as daardie vreeslike intieme soene wat 'n mens op tv sien.

O ja ek het in my vorige "posting" vir jou gevra of jy ook 'n jagter is ? Ek is 'n ou tannie wat nog gereeld saam met my man gaan jag. Lekker om in die veld te kom al skiet ek nie graag 'n bok nie.

Lekker dag vir jou verder.

Reply to Disa
Posted by: FB | 2004/10/29

Hallo Klippies,,

My skoonouers is al 30 jaar getroud,en ek moet by se, dat ek hulle nog nooit gesien het baklei,of woorde het nie, ja hulle soen ook, wel nou nie so intens nie, maar jy kan die liefde in hulle oe sien vir mekaar,,daar is nooit te veel moeite om iets vir mekaar te doen nie...

En ek bid en hoop , en ek werk daaraan dat ek en my hubby se huwelik ook soos sy ouers sin sal wees . Ek bewonder en kyk op na hulle, hulle is n baie goeie voorbeeld vir my, hoe my huwelik moet wees en hoe ek my huwelik WIL HE.!!!!

Geniet jou dag.:)

Reply to FB
Posted by: Shaun | 2004/10/29

Hi Klippies, waar is die Coke.

Although I don't have first hand experience, I do know, from being around people that have been married that long, that yes they do kiss, but their kisses are not as intimate & as passionate as they were when they were younger. But I will tell you that their kisses are way more affectionate & even projects an image of appreciation & pride.

That I feel is just so...good!!!

Cheers,
Shaun

Reply to Shaun

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement