advertisement
Question
Posted by: Seergemaak | 2004/10/13

soek goeie raad

Goeie more almal.
Ek wil graag julle opinie he oor die volgende
Ek ly aan depressie en voel baie keer net eensaam. My ma is 5 jaat oorlede en ek was haar enigste seun. Ek is onlangs getroud en het n seun van 6 jaar oud.omdat ek n kleurling is en in ons gemeenskappe is jy n lafaard as jy depressie het is dit vir my maar moeilik om te praat oor my gevoelens. Ek was vir terapie wat redelik goed was. My probleem is net wanneer ek alleen is kom al daai depressie gevoelens weer terug.Dan dink ek waaroor die lewe regtig waar is???.Jy word gebore jy ly n swaar lewe dan gaan jy dood en jy laat al jou geliefdes agter wat ook seer gemaak voel omdat jy hulle verlaat.Jammer as ek negatief praat maar ek is op daai stadum wat niks wil sin maak nie. kan iemand my help sin maak.
Ek sal vannaand eers om 9 uur weer kan inskakel.

PS wanneer is julle almal online?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

More Seergemaak,
First, as regards when online, you'll find our gang arrives, on and off, anytime, 24/7 ; so at any time you may find a group of excellent folks around, or nobody, at another time.
Wouldn't it be nice if we could encourage all our communities to realize the reality of Depression, and the bravery of depressives ? Just one of the many prejudices the nation needs to rid itself of.
Excellent comments from everyone, here. Sounds like maybe a bit more therapy would help, including counselling ; and maybe seek out opportunities in your local community to get involved in activities with others, so as to make like-minded friends, and to become less solitary.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: ec | 2004/10/13

Haai daar Seergemaak - my life partner ly aan depressie en dis nie maklik vir hom of vir my nie. My hart gaan uit na almal wat die 'probleem' het en ek kan net vir jou se : onthou jy is nie alleen nie. In my ondervinding het ek besef die lewe gaan nie oor wen of verloor nie, maar 'n bietjie lag, 'n bietjie huil, 'n bietjie son, 'n bietjie reen, 'n bietjie liefde, 'n bietjie baklei - so 'n bietjie van alles, mense word gebore en almal sterf mettertyd - dis hoe dit is - en ek glo nie daar is iemand wat dit nie maar so ondervind nie. Neem jy medikasie vir depressie? Jammer ek kan nie meer doen as om net te se ek dink aan jou vandag.
Sterkte

Reply to ec
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/13

Hi Seergemaak,
Jammer om te hoor jy voel so, verstaan dit heeltemal. Ongelukkig is daar nie antwoorde vir die vrae waarvoor ons antwoorde soek nie, dit is maar net 'n kwessie van "faith", en ek weet dit is nie maklik nie. Die advies wat R gee is waar, 'n psgiater kan help.
"Hang in there"
Take Care.

Reply to Beyond Tired
Posted by: R | 2004/10/13

Hi. Om depressie te hê is nie 'n gevoel van eensaamheid ens nie. Dit is 'n erkende siekte. Al hoe 'n mens hierdie depressie kan hanteer is om 'n psgiater te gaan sien. Dit is nie iets wat jy self kan uitsorteer nie. Wat jy wel intussen kan doen is wanneer jy alleen is, is om te probeer om die positiewe gedagtes uit jou ondervindings te gebruik om jouself meer 'n positiewe uitkyk te kry op die lewe.

Reply to R
Posted by: Paul | 2004/10/13

More Seergemaak. Ek ly presies wat jy aan ly - dis eensaamheid wat so maak. Wat nie rerig help nie is as jy nog teruggetrokke van natuur is. Al wat ek rerig kan se is dat daar is wel goeie dinge ook om voor te lewe, alles is nie altyd donker nie al lyk dit so. Ek is tans op medikasie wat dinge baie meer draaglik maak. As jy wil praat oor jou depressie het jy na die regte plek gekom - hier is baie support hierso.

Ons log maar so verskillende tye aan.

Mooi bly en byt vas.

Reply to Paul

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement