advertisement
Question
Posted by: MOEDELOOS | 2004/09/22

SOEK DRINGEND DIEET VIR ABNORMALE INSULIEN VLAKKE

Hi,
Ek het 20kg in 6 weke opgetel, het al alles probeer. Het op einde uitgevind my insulien vlakke is abnormaal, weet ongelukkig nie mediese benaming nie, maar kom daarop neer dat my liggaan alle kos, omsit in vet. Dokter het aanbeveel dat ek my suiker sny, minder eet en elke dag 45 min moet oefen. As ek gewig verloor tel ek dit net weer op, nou wil ek graag ñ dieet volg vir my toestand maar die naaste dieet kundige in my omgewing is 800km van my dorp af. Kan u my asseblief help. Lengte 1.69m, gewig 80kg ouderdom 28 Al wat ek nog nie gevolg het nie is ñ hoë proteïne dieet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moedeloos
Ek is jammer om te hoor van jou insulienweerstand. Dit is 'n moeilike probleem om te hanteer en een waar dit onontbeerlik is dat jy wel 'n dieetkundige moet spreek want die dieet is die heel belangrikste deel van die behandeling. Doen dus die moeite om daardie dieetkundige te gaan sien - dit sal regtig die moeite werd wees. Sy sal jou help met 'n dieet wat jou help om gewig te verloor en jou insulienvlakke stabiliseer. In die tussen tyd kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. Probeer ook om liewer 6 klein maaltye gebaseer op hierdie lae-GI kosse i.p.v. 3 groot maaltye te eet. Ek wil ook aanbeveel dat jy 'n chroom-supplement soos Pranavite gebruik (1 tablet per dag) om jou insulien en glukosevlakke te stabiliseer. Probeer ook om te oefen - gaan elke dag vir ten minste 30 minute stap en verhoog die spoed waarteen jy stap soos jy fikser word. Oefening help baie om insulienweerstand te bekamp.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/08/26

A TRUE LIFE TESTIMONY OF HOW I GOT CURED FROM DIABETES VIRUS[with Herbal Traditional medicine] Hello My Name is Ross Mary,I am Out here to give my testimony about a Herbalist doctor called OBOITE who helped me in my life. I was infected with DIABETES VIRUS in 2010, i went to many hospitals for cure but there was no solution, so I was thinking how can I get a solution out so that my body can be okay. One day I was in the river side thinking where I can go to get solution. so a lady walked to me telling me why am I so sad and i open up all to her telling her my problem, she told me that she can help me out, she introduce me to a doctor who uses herbal medication to cure DIABETE VIRUS and gave me his email, so i mail him. He told me all the things I need to do and also give me instructions to take, which I followed properly. Before I knew what is happening after two weeks the DIABETE VIRUS that was in my body got vanished . So if you are also heart broken and also need a help, you can also email him at: droboitespellcaster@gmail.com He also have a herbal cure for; 1.HIV, 2.IMPOTENCE, 3.LOW SPERM COUNT, 4.BARENESS/INFERTILITY, 5.HERPES VIRUS Contact him today and you will have a testimony...Good luck! I can't stop talking about this man called Dr. OBOITE cause he is a God sent to cure humans from different DISEASES with herbal medications,he cured me of DIABETEs ,he will also help you.

Reply to Anonymous
Posted by: Laurette | 2005/09/07

Ek het die week uitgevind ek is 'n diabeet kan ander diabete my raad gee en hoe om my lewe te verander sonder om my gesin te ontwrig.

Reply to Laurette
Posted by: MOEDELOOS | 2004/09/23

Hi daar "Probeer dit" & "Mandy"

Baie dankie vir die aanbeveling. Ek het ingegaan op die website wat julle aanbeveel en ek het toe daar gesien van ñ "GI Kit" wat jy kan bestel. Dit sluit die boek, Eet slim en bly slank, in. Ek gaan dit bestel en sal julle laat weet sodra ek gewig verloor het.
BAIE,BAIE dankie ek is sommer nou weer positief.

Reply to MOEDELOOS
Posted by: MANDY | 2004/09/23

OF BEL LESERSKRING, OF ENIGE BOEKWINKEL EN BESTEL DIE BOEK EK DINK DIS OK LAE GI-DIEET, EET SLIM EN BLY SLANK. DAAR VERDUIDELIK DIE BOEK VIR JOU ALS VAN A-Z. KOS WAT ONS GEDINK HET GOED VIR JOU KAN WEES, IS TOE NIE SO GOED NIE.

Reply to MANDY
Posted by: MANDY | 2004/09/23

GAAN IN OP DIE NET EN SEARCH: LAE GI-DIEET. HOOP JY KOM REG.

Reply to MANDY
Posted by: Probeer dit | 2004/09/22

Hi daar

Ek het nie dieselfde probleem as jy nie, my metabolisme is net non-existant. Ek is die afgelope 10 maande op die lae GI diëet, en ek weet hulle skryf dit vir diabete ook voor. Probeer op die website van die GI Foundation ingaan, dink dis gifoundation.co.za. Daarop sal jy 'n lys van kosse kry wat laag in GI is.
Hoop jy kom reg.
Groete

Reply to Probeer dit

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement