advertisement
Question
Posted by: liani | 2004/11/20

"snuffels" in baba katjies

Hi,

Ons kat het 3 weke terug babatjies gekry. Hulle het begin nies en die ogies het infeksie ingekry. Ons veearts sê toe dat hulle waarskynlik "snuffels" het, wat 'n virus is en dat dit nie permanente skade sal aanrig nie. Hulle ogies het reeds opgeklaar met oogsalf, hulle kry doksisiklien en hulle lyk nou heeltemal gesond na net 3 dae van behandeling.

Ek is 'n mediese student en baie nuuskierig oor watter virus dit is, en wil graag ook net doodseker maak dat dit nie vir hulle met permanente skade sal los nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Die algemene oorsake is herpes en calicivirus (lg veroorsaak meer uitgesproke siekte), sowel as chlamydia (daarom gebruik jou veearts doksisiklien). Gelukkig herstel die meeste katte vinnig, hoewel party dodelik siek kan raak of ernstige oogskade mag optel. As hulle nou gesond lyk, behoort daar geen permanente skade te wees nie.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Werner | 2006/08/11

Goeie dag daar,

my kan nies gereeld en ek het uitgevind dat dit heel moontlik die snuffels virus is, huidiglik behandel ek hom met Synulox, ek wil net graag weet of dit die beste en enigste treatment vir die virus is.

dankie baie

Reply to Werner
Posted by: Beatrix | 2006/02/23

My persiese katjie het snuffels gehad op die ouderdom van 2 maande en is met antibiotika en kortisoon behandel. Ek verstaan dat dit wel chronies kan wees. Dit is nou omtrent 3 maande later en sy het dit weer en is weer op antibiotika. Het u dalk enige raad hoe ek haar met natuurliker middels kan behandel of enige ander raad.

Baie dankie.
Beatrix Nel

Reply to Beatrix
Posted by: J | 2004/11/24

Wees maar versigtig daarvoor. Ons veaarts het ons laat weet dat katte wel daarvan kan doodgaan. Behandel dit maar gereeld en inspuitings sal dit voorkom. As hulle neuse toe is kan jy hulle oor 'n bak kookwater onder 'n handoek stoom. Dit laat hulle neusies baie vinnig oop gaan en dit verbrand die virus.

Reply to J

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement