advertisement
Question
Posted by: Mel | 2004/02/05

Snaakse simptome by sussie

Hi Dok,

my sussie is 18 jr. oud. Sy kla sy het al vir 'n hele rukkie die volgende simptome:dizzy spells, sy is naar deur die dag en wanneer sy opstaan, sy kry hoofpyne wat voel of dit albei kante van haar kop is, kan nie sê of dit klop- of steekpyne is nie. Sy kry ook steekpyne in die laer gedeelte van haar maag en sy sê dit was onlangs bietjie omgekrap. Sy is onlangs na Brittanje toe en sy kla nog voor sy hier weg is het sy al so gevoel (amper twee maande terug). Enige raad?
Sy is nie swanger nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mel, die simptome is nie regtig spesifiek genoeg om ‘n diagnose op te maak nie, maar dit klink asof dit as gevolg van lae bloeddruk of lae bloedsuiker mag wees. Die simptome mag ook inpas by ‘n virale infeksie, maar dan sou mens verwag dat dit al self sou opgeklaar het. Die beste sal wees dat sy begin deur haar bloeddruk en bloedsuiker te laat toets (‘n apteek behoort daarmee te kan help) en dit van daar te neem. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement