advertisement
Question
Posted by: PINKY | 2006/04/07

SNAAKSE PYN AAN LINKERKANT/SPIERPYN

EK ERVAARVIR DIE AFGELOPE TYDJIE 'N ONGEMAKLIKE PYN IN DIE LINKERKANT VAN MY BORS.DIT MAAK MY LINKER ARM BAIE LAM.EK KAN NIE LAG NIE,DAN KRY EK SEER.SOMTYDS VOEL DIT SOOS 'N WIND,MAAR WANNEER EK WIND BREEK DAN IS DIT NIE BETER NIE.EK WEET OOK NIE OF EK MISKIEN 'N SPIER SEERGEMAAK HET NIE.EK DRA MY BABA BAIE NET AAN DIE LINKERKANT EN SY WEEG AL 10KG.KAN DIT DIE OORSAAK WEES?DIE LAM PYN GAAN TOT IN MY NEK EN TOT AGTER MY BLAD,ALLES AAN DIE LINKERKANT.OF KAN DIT MY HART WEES.DIT IS DIE TWEEDE KEER.EK IS BEKOMMERD,GEE ASB.RAAD DOK.BAIE DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Pinky,

Ja, die gereelde dra van swaar gewigte kan probleme veroorsaak, as die gewig nie eweredig versprei word nie. Om ‘n kind net aan een kant van jou liggaam te dra, plaas groot stress op die spiere en skelet. Swaar gewigte behoort net in die middle van die lyf gedra te word, en styf teen die lyf, met die rug regop. Met ander woorde, dit moet gebalanseerd wees.

Maar jou simptome kan ook op ‘n nek of skouer probleem dui, met ‘n moontlike geknypte senuwee. As beweging of enige spier-gebruik dit vererger, is die kans groter dat dit so ‘n probleem is.

Maar, jou vraag is of dit die hart kan wees : jy noem geen ander simptome wat by hartsiekte pas nie, so ek sou geneig wees om nee te sê. Om seker te wees, kan jy jou GP vra om ‘n EKG te doen, en dan een of ander anti-inflammatoriese middle voor te skryf. As die EKG normaal is, en die pille help, is dit seker iets anders. Moet nie van die nek vergeet nie – nek probleme kan soortgeylke simptome gee. As jy dan x-strale moet laat neem, en dit tog ‘n nek-probleem wys, is daar net een ding wat jy asseblief MOET vermy. Moet nooit jou nek laat manipuleer nie. Daar is geen beswaar of vendettas teen chiropractors ens nie, maar daar is pasiente wat paraplegies geword het na sulke manipulasies. Manipulasie van ander liggaamsdele dra nie hierdie risiko nie, so dis net oor die nek waar daar gewaarsku word.

As jou baba nou 10kg weeg, is dit seker tyd dat hy/sy begin stap en minder rondegedra word. Of hoe? Jy sal nie ‘n 10kg sak aartappels heeldag wil rondra nie, en die dra van jou kind kan soveel skade aan jou doen as daardie sak aartappels wat dieselfde weeg.

Ek hoop jy kom gou reg – ons was almal deur die baba-dra dae. Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Hannetjie | 2016/07/26

Ek is 61 jaar oud. Redelik oorgewig masr was tot nou redelik gesond. Ek het verlede vrydag 'drukking in my kop gehad, bloeddruk was 193/106. My pols was 102. Ek het Mylon Captopril onder my tong gesit en my bloeddruk het gedaal. Gister was dit 140/101 my pols 96. Het nou begin met bloeddruk behandeling. Vanmore het ek sulke steekpyntjies wat kom en gaan agter my linker bors. Enige rede tot kommer? Baie dankie. Dis net snaakste steek pyntjies wat my bekommer.

Reply to Hannetjie | 1 comment (hide)
Posted by: Hannetjie | 2016/07/26

Ligte steekpyne agter linker bord

Posted by: Anonymous | 2016/06/11

goeie dag ek kry die laaste tyd steuke in my linker kant se sy, en soms skuif dt namy rug to nd namy maag,, wat kan dt wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Katrien Beer | 2016/03/12

Ek het drie dae terug opgestaan met n drukking in my agterkop in altwee kante dit voel of iemand my kop met n vivegrip vasdraai. Ek is dadelik dr want ek waa bang my bloeddruk is dalk hoog en ek is baie bang vir beroertes nadatek na my ma moes kyk wat drie agter mekaar gehad het en elke een het haar meer afhanklik van my gemaak. My bloeddruk was normaal en die dr het gesê dit is n spier wat vas knyp en ek is daar weg met twee soorte pynpille. Die pille werk nie en ek is apteek toe vir n voltaren inspuiting. Dit het ook niks gewerk nie. Ek het nou net die drukking en n het nou net hierdie vreeslike drukking met skerp pyne in die linker kant van my kop. Dit is so seer my oë traan eintlik. Asb ek nodig raad en hulp ek weet dit. Dit is n nare seer gevoel.

Reply to Katrien Beer
Posted by: Margaret | 2015/11/24

Ek het n erg steekpyn agter my linker bad. Dit was nie gister daar nie net toe ek klaar gestort het die oggend. Was dit erg seer. Help asb Ek het ook n prolaps hartklep, maar dit pla my nie Altyd nie net soms n pyn onder my linker arm. Vra hulp asb. Dankie

Reply to Margaret
Posted by: anyone | 2015/02/17

Goeie dag ek weet nie hoe dit werk nie maar hoop iemand kan my help asb. Eks 27jaaroud ekt vrydag wat verby is my ontsteld maar baie erg toe saterdag oggend maar so dat ek n asma aanval gekry het. Saterdag heeldag n pyn so onder my linker bors kry my arm is lam en kry naalde steek deur die bors ek probeer diep asem haal maar dan steek dit seerder dit is vandag dinsdag en dis nie weg nie en ek voel so benoud my mond bly drooog Kan iemamd my asb raad gee baie dankie

Reply to anyone
Posted by: Attie | 2014/05/24

Die pyn is an die linkerkant links onder die linker bord. as ek iets drink beweeg dit deur die pyn area. Die pyn is ook aan linkerkant van die rug. Was 4jr gelede vir dieselfde lyn gehopsitaliseer waar EKG gedoen is. Alles negatief.

Reply to Attie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement