advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2006/08/01

Snaakse ding naar

Hi Dok

As ek tande borsel word ek vreeslik naar, ek het die Tandarts expert gevra en hy sê dat dit 'n mediese ding kan wees.
Dit gebeur omtrent elke dag en dit is nie as ek my tong borsel nie, ek word somtyds so naar dat ek opgooi.
Wat kan dit wees en wat kan ek daaraan doen.
Lisa

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lisa
Naarheid kan veroorsaak word deur die "gag" refleks - as die tandeborsel te diep agter in jou keel gaan, of as gevolg van die smaak of reuk van die tandepaste, of dit kan as gevolg van jou middeloor se balans sentrum wees wat nie lekker werk nie (maar sal dan meer draaiduiseligheid deur die dag ook gee) of dit kan hormoon verwant wees ( jy is nie swanger nie?) of wees as gevolg van verhoogde druk in jou kop ( verhoogde serebrospinale druk). Probeer asb bietjie Vit B6 aanvullings (100mg daagliks) maar as dit aanhou moet jy maar dat jou dokter jou ondersoek en ook net na jou neurologiese funksies kyk. Dalk sal dit wys wees om 'n breinscan ook te doen as dit aanhou.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Lisa | 2006/08/02

Dok ek het al my tandepaste verander en ek borsel nie te diep agter nie.
My balans is goed geen duiseligheid deur die dag nie, maar wel die laaste tyd gereeld hoofpyn en soms agter my kop ook.
Dankie
Lisa

Reply to Lisa
Posted by: Lisa | 2006/08/02

Dankie
Nee, ek is nie swanger nie, dit is al lank dat ek so naar word, so dit moet iets anders wees.
Dankie
Lisa

Reply to Lisa
Posted by: Anon | 2006/08/01

Ek haat tandepaste en minterige goed. Ek grin en bear dit want mens moet nou ongelukkig jou tande borsel, maar ek moet se, alhoewel ek nog nooit regtig opgegooi het nie, word ek net so naar veral as ek my tong borsel, nie omdat die borsel half in jou keel afgaan nie, maar eerder die smaak en alles saam.... Ek is nie swanger nie, dit kom al 'n langpad saam... sal graag die antwoord wil sien....

Reply to Anon
Posted by: Ekke | 2006/08/01

Hi

Is jy dalk swanger?? Ek het dieselfde probleem met altwee my swangerskappe gehad.

Reply to Ekke

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement