advertisement
Question
Posted by: Zel | 2007/07/18

Slymvliese in mond

Dokter

My ma (55jr) kla dat die slymvliese in haar mond heeltemal los kom. Dit "skif" wil ek amper sê. Sy het vandag vir my gewys dat sy dit sommer maklik met haar vinger aan die binnekant van haar wange kan uithaal. Dit is nou ‘n paar weke so. Al wat ek weet is dat sy onder geweldige spanning verkeer agv haar ma wat sterwend is. Het sy ‘n tekort aan iets?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Geagte Zel

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek sal voorstel dat jou Ma 'n dokter sien om te bepaal of die skif nie dalk 'n infeksie van kandida is nie. Behandeling daarvoor is eenvoudig, nl. Daktarin Orale Jel of Micostatyn Druppels. Sy moet dan ook haar Vitamien B Kompleks, sowel as Vitamien C en Yster inname aanvul.

Indien sy 'n roker is of 'n kuns gebit het, sal dit ook die simptome vererger.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement