advertisement
Question
Posted by: Sonja | 2008/11/27

SLIP NISSEN

' n Dokter by 1 Mil het my Aug 07 verlede jaar geopereer. Hiatus Hernia is herstel. Ek kon egter van die begin af baie moeilik sluk en kan tot nou toe nie groot happies kos neem nie. Soms sukkel ek om selfs roereier te sluk. Het onlangs weer sooibrand begin kry en nou vir die afgelope week het ek intense pyn op die krop van my maag (voel of daar skerp voorwerp in my buik insteek). Voel regtig opgeblaas en ongemaklik. Barium sluk en gastroskopie is gedoen en dr deel my mee dis ' n Slip Nissen. Verduidelik asb vir my wat presies is dit en hoe gebeur dit. Wat sal gebeur as ek dit laat " herstel"  en wat sal gebeur as ek niks daaraan doen nie? Het nie meer siekverlof nie en is bang die " repair"  operasie sal ook nie werk nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sonja
'n Slipped Nissen fundoplikasie is 'n komplikasie van 'n hiatus hernia herstel en ek is nou nie 'n sjirurg nie maar dit lyk vir my mens moet dit maar regmaak. Ek dink net jy moet aandring dat 'n spesialis gastro enteroloog sjirurg dit doen en nie een van die Kliniese assistente of gewone algemene sjirurge nie. (kan jy?) Kyk die prentjie op http://www.geocities.com/fundofamilies/description.html aan die regterkant - as 'n Nissen slip dan skuif die onderkant van die maag bokant die omgevoude deel en is dit eintlik oneffektief.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Sonja | 2008/12/03

Baie dankie vir die advies. Weet u dalk wat my regte as staatspasient is (dis mos eintlik wat ons by 1 Mil is) of weet u waar ek kan navraag doen hieroor sodat ek kan aandring op ' n spesialis gastro enteroloog sjirurg se behandeling? Kan u so ' n spesialis aanbeveel? Is daar so ' n spesialis op hierdie webwerf?
Baie dankie,
Sonja

Reply to Sonja

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement