advertisement
Question
Posted by: Girly22 | 2007/07/10

Slegte vel

Hi daar, ek sien die skin forum is toegemaak, nou weet ek nie waar om te vra nie, so ek sit my vraag maar hier en hoop iemand kan my antwoord. Ek is 22 jaar oud.

My vel is baie droog, maar ek het nie te gereeld puisies gekry nie, maar elke keer as ek n room gebruik vir my gesig dat begin ek puisies kry, ek het goeie room gekoop van oor die R400 van lancome, maar steeds kry ek puisies as ek room gebruik. Ek is nie seker of dit van die room is en of dit my hormone of die inspuiting is of wat nie, maar ek is nou moeg daarvoor.

Ek voel ek moet iets aan my gesig sit omdat dit droog is veral in die winter, maar as dit nie room is wat dit doen, wat moet ek dan doen? Of kan dit iets met my hormone te doen he? Ek het nooit regtig n slegte vel gehad nie, so een puisie elke nou en dan, maar die laaste maand is daar sommer elke dag n nuwe een, en nie net kleintjies nie, sommer groot blinde puisies.

Wat kan ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Girly22
Sommige mense se velle hou net nie van al die duur rome met die chemiese byvoegings nie - jy het waarskynlik 'n sensitiewe vel - probeer was met Dove seep en gebruik iets soos UEA wat nie vetterig is nie - kry sommer by jou naaste Pick en Pay of hyperama by die baba goed. As dit nog steeds gebeur kan jy jou huisdokter vra om te kyk na die hormone, en of jy dalk 'n voorkomende iets soos topikale antibiotika moet gebruik. L'Oreal het 'n bevogtigings room ( daily moisturizer) wat ook nie vetterig is nie - te kry by Clicks.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Girly22 | 2007/07/11

Baie Dankie vir die raad Antjie, ek sal bietjie kyk en dit probeer en terugvoering gee as dit werk sodat die ander mense ook weet :)

Reply to Girly22
Posted by: antji | 2007/07/11

ek het tot 5jaar terug 'n vreeslike vel gehad en het beginmet die gebruik Willa Krause dit werk... probeer dit gerus dis goedkoop en bekostigbaar willkrauseskincare co za kyk maar waar jy 'n agent kan kry ek is BAIE gelukkig en tevrede met 'n mooi vel op 30

Reply to antji
Posted by: Girly22 | 2007/07/10

Baie dankie vir die raad, ek sal daai room kry en kyk wat dit doen. My suster sal al te bly wees as ek my duur room aan haar afstaan he he.

Reply to Girly22

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement