advertisement
Question
Posted by: Alida | 2006/11/12

Slaap patrone & koliek

Hi Welma,

My seuntjie is op 28 Aug. op 30w gebore, nou 3 weke tuis. Hy slaap goed deur die dag, die nag is nag...Hy skreeu met tye so dat ek nie meer weet wat om te doen nie(koliek?) Ruil hy dalk sy dag en nag om? As wel, hoe gemaak? My man dink hy's bederf & wil net in die arms. Na-gelees dat jy vir kort tye baba moet los as hy huil & dan optel, en die tye verleng soos die weke voortgaan,maar kry dit nie oor my hart nie. My vriendin se baba op24w gebore & hy't van die begin af goed geslaap. Ekt melk verander van Nan1 na Isomil, wil vir my lyk of sy krampies minder is, en minder winde onder passeer. Wil ook graag weet of 'n krapperige borsie deel van die premie-pakket is soos toe neusies. Nou my 2e baba, 1ste 1 nou al 9j, met hierdie engeltjie voel ek so dom...

Groete Alida

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Alida
Jong, dit klink of hy dag en nag omruil. So 'n lang tyd in ICU veroorsaak ook dat hulle nie van stil nagte hou nie. As ek reg onthou het ons in die November of Desember Baba en Kleuter 'n artikel hieroor - kyk gerus ook daarna. Hy kan dalk ongemaklik voel met die donkerte en stilte. Jy kan 'n radio saggies of van stasie af in sy kamer aansit en kyk of dit hom kalmeer. As dit werk, draai dit elke aan 'n bietjie sagter todat hy in stilte kan slaap. Dieselfde met lig. Sit 'n nagliggie aan en maak dit elke aand 'n bietjie dowwer totdat hy donker kan hanteer. As die Isomil werk, hou hom daarop. Doen ook massering van die maag om met krampies te help. Krapperige borsies en 'n toe neusie is deel van die premmie pakket. As hy goed slaap ten spyte daarvan (lyk nie of hy sukkel om asem te kry nie) dan moet jy maar net wag dat dit oorgaan. Gooi maar saline druppels in die neusie, so elke 3 ure or voor voedings.
Laat weet gerus as jy meer inligting nodig het (net in 'n nuwe mail)
Groete
Welma

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement