advertisement
Question
Posted by: Susan | 2008/08/04

Skoueroefeninge na ' n skoueroperasie

Goeie dag

Ek wil graag uitvind omtrent skoueroefening wat ' n mens kan doen na ' n skoueroperasie.

Byvoorbaat dank.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Susan
Dit hang af van watse operasie jy gehad het - die beste is om 'n fisioterapeut te sien om die oefeninge te bepaal en vir jou te wys, sodat jy die skouer nie ooreis en die operasie ongedaan maak nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Johan | 2016/04/30

Ek moes my fisio staak na see weke omdat my medies uitgeput geraak het. Ek het konstant pyn en wil graag weet wat ek op my eie kan doen. Pyn sit in skouerbal en versprei dan na bo arm. Ek kry ook geweldige spasma in my skouers en nek.

Reply to Johan
Posted by: Vlooi | 2008/08/05

Hallo

Jong, dis nou regtig ' n seer operasie. Ek het ook een gehad so ses maande terug en nooit voor die tyd besef dat dit so seer gaan wees nie. Myne was ' n groot operasie met lang sny en skouer moes weer herkonstruktueer word.

Ek het ook vir fisio gegaan, maar die oefening wat my die beste gedoen het was die raat wat die ortopediese chirurg vir my gegee het. Ek het ' n blikkie vrugte (klein) gevat in my hand en dit heen en weer geswaai - vorentoe en agtertoe (handpalm na onder) so 10 maal en dan weer van kant tot kant 10 maal : soveel keer as wat jy kan per dag. Dit het my baie gehelp. Die arm kon elke dag ' n bietjie verder beweeg. Later kan jy ' n groter blik ingelegde vrugte of konfyt (810g) gebruik. Ek kan net die Here prys want ek het die gebruik van my arm heeltemal teruggekry nadat die fisioterapeut eintlik maar net probeer het om my arm sover te kry dat ek my hare kan borsel.

Alle sterkte - ek dink aan jou.

Reply to Vlooi
Posted by: SWG | 2008/08/04

Kry ' n goeie physio wat jou kan help. Dis baie seer maar dis maar die beste.

Reply to SWG

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement