advertisement
Question
Posted by: Naomi | 2009/07/22

skouer pyn/lam

Goeiedag Dr Joe. Ek ondervind die afgelope 2 mnde ñ  lastige skouerpyn en lamgevoel in my regterskouer. Ek was by die dokter en hy het anti inflammatoriese medikasie voorgeskryf wat nie gehelp het nie. Ek vermoed die pyn is veroorsaak deur '  repetitive movements'  aangesien die aard van my werk veroorsaak dat ek die heeldag voor die rekenaar sit en die arm gebruik om met die muis te werk asook te tik en papier uit die printer te haal ens. Is dit iets wat ernstig kan word later en is daar moontlik iets wat ek kan doen aan die situasie, aangesien ek nie die arm vir ñ  lang tyd kan stilhou nie? Asb help want ek raak nou bekommerd dat dit so lank aankhou, die pyn is ook snags erger en ook wanneer ek goed optel met my arm in is sekere posisie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Naomi,

Die pyn wat jy beskryf kan van 'n paar oorsake wees. Een probleem wat ons sien by mense wat lank sit en sulke werk soos jy doen is senuwee kompressie veral van die bragiaalpleksus. Andersinds kan jy ook moontlik 'n kalsium neerslag in die tendon van jour skoure he- om dit te bepaal sal 'n X-straal nodig wees. Jy behoort deur 'n spesialis gesien te word sodat die regter diagnose en behandeling gedoen kan word

Groete,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement