advertisement
Question
Posted by: C Fouche | 2007/08/22

Skildklier oorgewig

Middag Dr.

Ek wil weet of jy my kan help ek is oorgewig met 20kg my insulien vlak is 13.5 vastend en 'n onderagtiewe skildklier.

Ek probeer nou al van Januarie af om swanger te word. Ek sukkel ek probeer ook om gewig te verloor want dit kan ook agv dit wees, maar ek is raad op ek verloor bitter stadig en ek gee moed op. Ek was by dieeetkundige en ek val die eerste 10kg vinnig af maar daarna staan ek stil.

Asseblief ek het 'n behoefte aan 'n kind en om gewig te verloor.

Help my asb.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste C
Het die dieetkundige vir jou 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet gegee? So 'n dieet sal gewigsverlies veroorsaak en ook die insulienweerstand aanspreek. Indien nie, gaan asb terug na die dieetkundige as jy nie so 'n dieet ontvang het nie. Daarbenewens sal daaglikse aërobiese oefening (hardloop, fietsry, swem, touspring, aansluit by 'n gimnasium of Walk for Life) help beide vir gewigsverlies en om jou insulienvlakke te normaliseer. Oefening help ook vir ontspanning wat dan weer die kanse vir swanger word verbeter, want stres is een faktor wat swangerskap kan teenwerk. Probeer om elke dag vir ten minste 30 minute te oefen. Gesels ook weer met jou dr oor die behandeling wat hy/sy vir die skildklier voorgeskryf het - dit is moontlik dat jy meer Eltroxin (tiroïedhormoonaanvulling) nodig het. As jy nog nie deur 'n ginekoloog ondersoek is nie, dan sal dit miskien raadsaam wees aangesien jou onvermoë om gewig te verloor en om swanger te word moontlik kan verband hou met polisistiese ovariale sindroom (PKOS) was dit ginekoloog en die dieetkundige sal moet behandel.
Sterkte - ek hou duim vas dat jy gou swanger sal word.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: skinnygirl | 2007/08/23

ooooh my love, you must really be hurting... erh, with the dietitian, maybe you hit a plateau because you loss weight too fast, rather try something like weigh-less, usually good for all the fatties,I wish you all the best with your weightloss efforts, eventually you'll lose weight, just don't give up hope... one day you'll be at happy weight, whatever that is

Reply to skinnygirl

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement