advertisement
Question
Posted by: Bets | 2003/02/16

Skildklier

Ek is 55jr oud. My Skildklier is 7 maande na ons eerste Seun se geboorte (1969) 7/8ste van verwyder - hy was baie vergroot, en ek het floutes gekry. Ek was sedertdien op (vir etlike jare Altroxin, en daarna vir seker 20jaar op) Diotroxin. Ek het deur die jare altyd bewus gewees van die skildklier, as gevolg van hartkloppings, geswete hande - ens. Het sowat 4 jaar gelede pyne op my bors gekry - ...my arm was seer, ens - en het deur baie moeilike gloede gegaan. Dokter het my verwys na 'n Kardioloog - wat geen hart-probleem gevind het nie. Ek is op die plakker - Climara, en die gloede het 90% verbeter - hoewel ek nog al die jare baie maklik baie warm kry. Ek het egter 'n baie baie vinnige pols. My pols is baie dikwels 115+. Selfs in die nag as ek wakker word - ....... voel ek hoe my hart jaag.
Ek is op die volgende medikasie. Coversyl Plus; Climara (7dae plakker) Lescol (was op Lipitor wat heelwat newe-effekte veroorsaak het); Tilizam; Diotroxin - 2 per dag.
Ek het al verskeie kere vloeistof moes laat aspireer uit fibro-adenose kliere in my borste. Een is nou weer baie vergroot.
Wat my egter die meeste pla is die baie vinnige pols!
Baie dankie vir hierdie wonderlike diens!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bets, ‘n pols van 115/min is definitief nie normaal nie. Dit verbaas my om te hoor dat die kardioloog niks abnormaal kon vind nie. Dit mag natuurlik as gevolg van die Diotroxin® wees, maar dan sou mens verwag dat die bloed toetse op oorvervanging sou dui. Ek sal nie veel meer kan sê sonder om jou eers te ondersoek nie en ek dink die beste sal wees om ‘n tweede opinie by ‘n ander kardioloog of ‘n internis te kry. Eerder bang Jan as dooie Jan... Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement