advertisement
Question
Posted by: Danny | 2007/12/11

Skielike blindheid

Hallo Doc
Ek is 'n man van 51 en sukkel vir die laaste jaar of so met iets vreemd. Ek sal besig wees by die werk of om te bestuur of enige iets anders, wanneer ek skielik net swart sien. My oe fokus niks en dit is nie dat ek duiselig is nie. My bloeddruk is normaal en ek is baie fiks. Tog is ek bekommerd aangesien dit daagliks gebeur en gevaarlik raak as ek bestuur.

Die blindheid duur sowat 5 tot 10 sekondes. Wat kan dit wees, ek wil nie vir enige kwaal dokter toe hardloop en uitvind dat dit normaal is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Danny
Dit kan nogal ernstig wees - dit kan amaurosis fugax wees, 'n toestand waar die retina vir 'n paar sekondes nie bloed toevloei kry nie, en is gewoonlik agv klein stukkies plaak in die karotis aar in jou nek, wat afbreek en die retina se bloedvloei onderbreek. Maar dit gebeur gewoonlik net in een oog.
'n TIA of transient ischemic attack is 'n mini beroerte wat albei oë aantas en ook agv plake is wat die are in die brein verstop. Dit hou egter vir langer as 'n paar sekondes aan.
Albei hierdie toestande kan uiteindelik tot 'n beroerte lei. Laat asb dat jou dokter 'n sonar van jou karotis are reel, en jou verwys na 'n neuroloog vir 'n behoorlike neurologiese ondersoek.
Sien http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/000784.htm
Laat weet my wat hy sê?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement