advertisement
Question
Posted by: M | 2006/04/21

Skei

Ons is 8 getroude paartjies wat al jare goeie vriende is. Tans, is die 6de paartjie nou besig om te skei. Uit ons 8, is dit ook net ons en 'n ander paartjie wat kan kinders hê. Elke keer is ons so geskok om of die kinderlose en / of die skei nuus te kry - 'n mens raak so lief vir 'n mens se vriende. En ek moet bieg, ek begin bang raak - bang dat dit ons ook gaan oorkom, want ons vriende het dan altyd so gelukkig gelyk en hulle is almal wonderlike mense. Dit lyk asof hul tydelik net kop verloor! Die ergste van alles is is dat dit nie noodwendig die kinderloosheid is wat die deurslaggewende faktor vir die egskeiding is nie - dis dinge wat al jare kom. Wat sê 'n mens vir iemand wat nie kan kinders hê of wie se hele lewe tot stilstand kom omdat hulle gaan skei? hoe gemaak met hierdie vrees wat nou by my posvat dat dit miskien ook ons kan wees? 'n mens besef net opnuut hoe geseend 'n mens binne-in 'n gelukkige huwelik is en dat dit 'n groot voorreg is om te kan kinders hê - niks is meer vanselfsprekend nie. Dit is net aaklig hoe 'n mens se lewe uitmekaarspat - veral as jy nie meer met altwee partye kan vriende wees nie - dit het 'n groot invloed op 'n mens se vriendskappe - mense waarvoor ons baie lief is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Divorce isn't compulsory, though it may look that way at times ; there is no reason why your own relationship ought to have problems. And if it does, rather get into marriage counselling early on, while things are easier to solve.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: slr | 2006/04/21

I think what is actually being shown here is that many people stay married because of the kids....they would have split up long ago if they had not had them....

just a thought.....

Reply to slr
Posted by: lady nina | 2006/04/21

hello jong

2 uit 8 is nogal skokkend, en dis verstaanbaar jy benoud is
dis jammer dat hulle deur soveel moet gaan, eers kinderloos en nou maatloos,
ek dink solank julle albei eerlik met mekaar kan kommunikeer en oor die klein jakkalsies kan lag na die tyd , dan is jy nog op die regte pad, ek ken ook twee pare wat kinderloos is en alhoewel hulle gelukkig lyk is ek seker daar is spanning

en dis verstaanbaar - ek meen as ek kinders kan he en wil he en my maat kannie, hoelank gaan voor n mens bitter raak en verwyte rond gooi? een voel skuldig en vrees die dag dat die aner gaan loop en die ander probeer ondersteunend bly en verstaan maar die horlosie stap aan...

om kinders te wil he is vir meeste mense baie belangrik veral later in die lewe, soos mens ouer word en dit gaan vreeslik baie van albei party vat om deur die emosies te werk en eerlik met mekaar te kommunikeer sonder verwyte en skuldgevoelens - meeste van die tyd slegs met professionele hulp

vir party mense is dit makliker om te aanvaar en aantebeweeg as ander, maar dit kan gebeur na daar berusting kom,

jy en manlief moet net daar wees vir die ander wat swaarkry, sonder veroordeling of kant kies, party vriende gaan jy verloor en julle moet dit aanvaar,

dis ons elkeen se verantwoordelikeheid om vervulling te vind op die plek waar ons is in ons lewe, om die beste te maak van wat ons het, niemand het alles nie en dit help om te fokus op die positiewe en uittereik na die wat minder her

intussen moet jy en manlief net oop en eerlik met mekaar wees oor alles, praat oor die klein jakkalsies en solank julle mekaar met repek en vertroue behandel en saam bid is julle op die regte pad

nina

Reply to lady nina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement