advertisement
Question
Posted by: Zonja | 2008/05/29

Sistoskopie en Retrograde

Beste dokter

Ek het onlangs bogenoemde ondersoeke gehad. Ek kry herhaalde urienweginfeksie en nierpypontsteking.

Ek is nie seker wat die retrograde ondersoek is nie. Kan dr asb vir my verduidelik wat hulle tydens hierdie ondersoek doen en waarom?

Groete

Zonja

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Die blaas word met 'n kleurstof gevul en daarna word daar x-strale geneem om te sien of daar uriene opwaarts in die ureters lek. Herhaalde lek van uriene, wat ons refluks noem, veroorsaak chroniese nierpyp ontsteking. Hierdie toets word dus gedoen om urien lekke uit te skakel.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement