advertisement
Question
Posted by: Grietjie | 2008/01/31

Sinus

Hi Doc

Ek het al baie lank so 'n snaakse gevoel in my regteroor, dit voel asof dit VOL word, met wat weet ek nie. Die Gp het met my laaste besoek so 6mnde terug gesê sy sien niks in die oor of verkeerd met die oor nie, maar dit hou aan. Ek kry snags sinus en dan veral aan die regterkant. My ore jeuk ook baie en dan smeer ek dit met bactroban dan voel dit weer beter vir 'n tyd. Ek kan ook nie verdra dat daar wind inkom soos met 'n oop karvenster nie en selfs al is dit nie langs my oop nie, maar by die bestuurskant voel dit of my oor so doef-doef maak en dit is seer.Kan dit wees dat dit sinus is wat in die oor opbou en wat kan ek doen vir verligting? Dankie vir al die vorige raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Grietjie
Dit kan of ‘n eksterne otitis (ontsteking van die oorkanaal) wees, of dalk vog wat opbou in jou middeloor – die oor neus en keel spesialiste toets dit met ‘n spesiale masjientjie. Vra jou dokter om jou te verwys na ’n ONK spesialis vir ’n evaluasie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement