advertisement
Question
Posted by: Liza | 2007/04/16

Sinus

Baie mense glo melk vererger sinusitis. Ek vermy melk produkte maar gebruik n protein poeier wat o.a. wei bevat. Sal dit ook slym verdik/ sinusitis vererger?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liza
Dit is wel waar dat melk en melkprodukte slymproduksie by sommige persone vererger. Enige vorm van melk kan so 'n reaksie uitlok en dit sluit wei in. Jy sal moet eksperimenteer om te sien of die toestand vererger as jy die proteïenpoeier gebruik. Indien wel, moet jy dit ook vermy. Onthou die enigste manier om uitsluitsel te kry oor enige voedselallergie of -intoleransie is om allergietoetse te laat doen. Jou dr sal sulke toetse vir jou reël. Andersins sny jy melk en melkprodukte uit (ons beste bron van kalsium in die dieet) en jy is miskien allergies vir stof of grassade! Maak seker dat jy voldoende kalsium inneem terwyl jy melkprodukte uitsny deur 'n kalsiumaanvulling soos 'Calcium Sandoz' of 'Caltrate' te drink.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement