advertisement
Question
Posted by: Cornel (Smiley) | 2007/06/04

Simptome van Moegheid, koors, seer nek

Hi Dok.

Ekke alweer :) agtergrond... MVP, 31 jaar oud, familie Cholestorol. Operasies: Hist, Galblaas.

Ek is nou al bietjie moedeloos. Was 3 weke gelede by GP met lae-koors, baie moeg/lam, nek seer en styf en lyfseer. Hy het urienweg-infeksie opgetel en antibiotika en meds gegee. Nie beter gevoel nie. Verlede week weer terug. Geen verbetering. Geen urien-infeksie, maar nogsteeds selfde simptome. Het bloedtoetse laat doen: CRP, vol bloed telling, Hormone, Skildklier, Magnesium, Kalium, Yster, vastende Lipogram.

Uitslae vandag gekry: alles binne normale perke, behalwe lae Magnesium en Kalium vlakke, Cholestorol 7 - ondanks die feit dat ek op Adco-Simvistatim 20g is en M VIT M drink.

Kan Lae Kalium, Magnesium vlakke (kronies) al hierdie simptome veroorsaak? Kan Dok dalk enige iets anders raaksien wat GP dalk mis?

Ek voel goor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/02/18

Ek ervaar dieselfde simptome. Noudat my Magnesium en Kalium vlakke uitgesorteer is gaan dit veel beter. My stresvolle lewe veroorsaak te hoë vlakke en kortisol en adrenalien. En wat sê die dokter....met die 2 uit balans loop baie dinge verkeerd.....sy raad....oefen oefen oefen. Terug na gesonde lewenskeuses. Raak ontslae van gifstowwe in die liggaam en oefen gereeld.

Reply to Anonymous
Posted by: Trudie | 2015/01/27

Net so moedeloos vol pyne doodmoeg, kopseer nekseer geen dokter het antwoord nie

Reply to Trudie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement