advertisement
Question
Posted by: Muis | 2006/07/12

Siek vir sogenamde vriendin

Ek en my man het Sondagaand gepraat oor sy vetroue wat hy in my gebreek het, deur om saam vriende/din uit te gaan sonder my na n klub. Ek het aan hom genoem ek kan nie alleen deur die drama gaan nie, en as hy wil he ek moet hom weer vetrou, moet hy my help en bystaan met dit, moet ook nie kwaad word as ek vrae vra nie ens. En dat ek ook nie wil he hy moet saam sy "werkspell" uitgaan nie, nie voor ons dinge reg is nie. Die rede hoekom ek dit vir hom gvra het is, Ek en hy was laas week uit genooi vir n ete saam die vriende/din, maar hy wou nie gegaan het nie, ek het gese dit is fine. Maar 2dae na dit se hy vir my hulle gaan die aand na die workshop meeting pizzas eet, dadelik het ek vir hom gese hoekom, hy weet ek maak kos by die huis, so hy kan huis toe kom.

Ek het vir hom Sondagaand gese dit het vir my gevoel hy wil nie saam met my uitgaan nie, maar wil eerder alleen uitgaan, wel hy het toe nie uit gegaan nie.

Ek het hier by die huis op die rekenaar in gegaan om my mails te lees ens. Toe besluit ek ook om sommer in sy files in te gaan... NOU die vriendin van ons (werk saam met hom) hulle almal chat met mekaar op msn. Ek het op die logs afgekom, en dit gelees, elke keer neig sy tot onder die belt of porn sites, of se sy mis my man se "husky" voice, of hy moet haar bel sy wil "dirty" in sy oor praat, of wanneer gaan hy begin strip! Ek kom agter hy het haar altyd geignore en nie op haar goed gereply nie..Sy is die enigste vrou in die netwerk afdeling by hulle, en wil altyd die aandag op haar het.. Ek weet ook sy het al met een van die ouens geslaap , en hy was ook getroud..

So ruk terug het ek haar laat verstaan ek sal nie dit duld as iemand my huwelik wil op mors nie, En glo dit sy het saam met my gestem, sy se sy sou ook so reageer het met die klub storie as dit haar man/ou was.. Maar die poppie kan blykbaar nie besef sy is besig om my goed die hel in te maak nie...

Vir my man gaan ek nie vertel van die logs nie... ek wil nog kyk wat sy als kwyt raak, en as ek dan al die nodige inligting het sal ek haar weer aan vat....die keer met n bang!!!!!

Ek is baie lief vir my man en ons probeer aan die probleme werk, maar met haar inmengery die hele tyd of haar boodskappe, maak dit net weer vir my moeilik om my man te kan vertrou. Alhoewel hy gese het hy stel nie belang in haar nie, sal ek wonder wat van as hy wel???

Hoe moet ek dit hanteer.. Sonder om haar te gaan iets aandoen.. Ek mail of sms haar nie eens meer nie, of nooi haar ook nie uit na ons huis toe nie..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Good responses from Lapdog and Cindy

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Muis | 2006/07/13

Dankie ek dink ek sal dit doen, wat julle al2 voorstel..

Weereens dankie

Reply to Muis
Posted by: Cindy | 2006/07/13

Hierdie situasie is besig om heeltemal hande uit te ruk. Dit is tyd dat hierdie vrou besef dat sy besig is om met vuur te speel. As ek jy was, het ek my man gekonfronteer en vertel jy weet van alles en hom 'n ultimatum gestel. Ek sou ook die vroumens gekonfronteer het en gewaarsku het dat jy dit oorweeg om haar by 'n prokureur aan te gee vir huweliksopbreking indien sy verder sou aangaan met haar speletjies, want dit is presies waarmee sy besig is: speletjies. Jou man speel saam om 2 redes, eerstens is dit baie opwindend en sy ego word gestreel en tweedens omdat hy dink jy weet nie van alles nie, hy kan daarmee wegkom. Dit is jou man, veg vir hom, moenie toelaat dat hierdie gewetenlose vrou hom kry nie.

Reply to Cindy
Posted by: Lapdog. | 2006/07/13

Hi Muis! Jy klink na iemand wat ek nie sal wil aanvat nie! Stuur hierdie girl in haar moersleutel en belet haar jou huis (EN JOU MAN!), my magtig! Sulke girls het beslis die vermoeens om huwelike op te foeter en, hier's 'n idee, SE jou man jy weet van als, EN vir haar. Laat hulle WEET! Hy mag dalk aangaan oor jy sy privacy aantas, maar se hom dan HY tas jou vertroue aan, en dis veel erger! Vark. VARKE! Hoe langer jy 'wag en kyk', hoe erger gaan dit raak. He? Dis 'n moeielike situasie, met hulle wat saam werk, en dinge KAN nog lelik handuit ruk. Praat met hom, praat met haar en laat albei mooi verstaan jy sal nie hierdie soort ding duld nie. Vat jou man terug en wees maar bedag op sy streke. En veral hare. Sulke girls is lekker afleiding vir enige man, getroud of nie. Ek weet, ek was nes sy. Verlei, bevry, en vermy. Hmm, no good. Sy betree jou terein en as ek jy was, veg ek hand en tand vir wat MYNE is!!!!!!!!!

Reply to Lapdog.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement