advertisement
Question
Posted by: Ed | 2008/01/14

Senuwees > Tandpyn

Ek het verlede jaar 'n paar keer deur die jaar 'n skietende pyn in my regterkaak gekry wat so 3 sekondes gehou het. Ek was intussen by die tandarts gewees wat gese het my verstandtande is fine. Hy het net 'n bietjie geskaaf aan my tande.
Sedertien het ek nie weer so 'n pyn ervaar nie, net ligte pyn wat 'n halwe sekonde hou. My kake voel ook snaaks, maar dis moeilik om te verduidelik.
Ek het nou weer 'n afspraak by die tandarts, maar dis nog 3 weke en ek weet nie of ek kan uithou nie. Want kyk, die eintlike probleem is nie die tandpyn nie, maar eerder my senuwees. Ek is elke dag op my senuwees. Ek het 'n maag wat permanent onderstebo is. As ek nie iets doen wat my konsentrasie verg nie, dan dryf my gedagtes terug na die tandpyn en dat dit weer so erg sal terugkom en dat dit dan lank sal hou. Dit maak my koud. Ek kon dit vakansietyd omtrent nie geniet nie.

So nou die vraag. Kan ek na 'n dokter gaan vir iets wat my sal rustig maak tot ek by die tandarts kan kom en 'n verduideliking kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ed
Jou tandpyn kan dalk wees omdat jy gedurig op jou tande kners omdat jy inherent gespanne is! Probeer Biral 2 pille 3 keer per dag om jou rustiger te maak - jy kan oor die toonbank koop want dit is "herbal"
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement