advertisement
Question
Posted by: stuitjie | 2008/01/23

Seer/gekneusde stuitjie

Die afgelope maand (en veral die afgelope paar dae) is my stuitjie erg seer. Dit voel asof dit gekneus is reg rondom die been waar my ruggraat eindig en dit raak al hoe meer ongemaklik om te sit. Ek het nie op my stuitjie geval nie en niks het verander in my daaglikse roetine nie. Ek werk heeldag voor 'n rekenaar so sit dus 9 ure van die dag redelik stil. Ek is wel geneig om effens te lê-sit en dus meer drukking om my stuitjie te plaas. Ek is nie seker of ek dit maar nog 'n week of 2 moet gee om vanself beter te raak en of ek liewer moet dokter toe gaan nie. En indien ek wel dokter toe gaan, kies ek 'n huisdokter of moet ek laat plate neem?

Dankie vir die hulp!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Stuitjie
Ek stel voor jy gaan eers na jou huisdokter as dit jou erg pla - hy kan dan laat x-strale neem as hy dink dit is nodig en miskien ook vir jou 'n anti-inflammatoriese middel soos Brufen of Voltaren gee om te kyk of die pyn sal weggaan.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement