advertisement
Question
Posted by: Lidia | 2006/11/13

seer vinger

Middag

My wysvinger het van Donderdag begin seer word. Langs die nael. Daar was n stukkie velletjie wat ek met die naelknipper af geknip het. Teen Saterdag was my vinger so geswel en rooi. Kon nie Saterdag of Sondagaand gemaklik slaap nie. My vinger klop aanhoudend. Kan ook nie die lit buig nie. Het probeer om die vel oop te steek by my nael om die pressure te verlig, maar net n druppel "vuilgoed" het uitgekom. Wat kan ek nog probeer? Het heel naweek Betadine en Buscopan opgesit, maar dit voel nie beter nie. Die vel om die nael is vreeslik gevoelig!!!

Enige raad sal verwelkom word. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lidia
Jy het 'n infeksie in die vleisies om die nael - mens noem dit paronychia. As die rooiheid na die kussinkie van jou vinger versprei of 'n abses maak moet jy asb 'n dokter gaan sien. Ek dink amper jy is al by hierdie stadium - mens het dan antibiotika pille nodig.

As dit nie so erg is nie, kan jy die vinger so 4 maal per dag in warm water met bietjie antiseptikum soos Dettol in week en as daar 'n geel punt teen die nael randvorm kan jy dit met 'n steriele naald oopmaak en laat dreineer soos jy gedoen het en Bactroban opsit.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement