advertisement
Question
Posted by: bekommerd | 2004/01/19

seer tone

Hi Doc

Ongeveer 'n maand gelede het ek eendag uit die stort geklim en my tone begin afdroog, toe ek 'n intense pyn ervaar het by my regtervoet se middelste 3 tone (waar die tone en voet bymekaarkom). Dit was 'n baie seer brandgevoel wat 'n paar minute aangehou het en toe verdwyn het. Sedertdien kan ek nie daardie tone afdroog nie, ek kan nie room aansmeer nie, ek kan nie die tone buig nie, want as ek nie versigtig is nie, kom daardie verskriklike brand gevoel weer terug. As ek op die toongewrigte druk, is dit seer. Van gister af ervaar ek ook 'n "naalde en spelde" gevoel in daardie spesifieke tone wanneer ek loop. As die voetspiere soms net strek, soos as ek skuins oor my bed gaan le en my voete draai net op 'n spesifieke manier, dan kom die pyn in my tone weer na vore! Dit is besig om 'n ernstige probleem te word, want dit is regtig geweldig seer.

Het u enige idee wat dit kan wees? Ek het my glad nie beseer of iets nie, so die pyn kan nie aan 'n besering toegeskryf word nie.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bekommerd, dit klink asof jy ‘n verdikking van die voet senuwees het (Morton’s neuroom). Die beste sal wees om ‘n ortopeed te gan sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: sussie | 2014/08/19

My 3 midelste tone op di L kanste voet is soort van dood maar nie pins en needles nie! Dit swel ook en is soms warm onder is die kusings ok seer sodat ek moeilik loop Wat kan dit wees Ek het my nie seer gemaak nie!

Reply to sussie
Posted by: Anonymous | 2013/10/30

Ek het die 15 April 2013 'n rugoperasie gehad. Voor die operasie het ek nie meer gevoel in die voorste deel van my voete gehad nie. So 6weke terug het my tone begin soos om pins en needles te voel. My tone nou nou so sensitief dat ek nie aan dit kan raak nie. Ek sal graag wil weet of daar iets is wat ek kan doen en sal dit beter raak. Dit s vreeslik seer. Groete Driekie

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement